Plaasvroue vat hande in droogtetye

Plaasvroue vat hande in droogtetye

Gansbaai Courant

Sowat twee maande gelede is The Farmlady’s Shed se deure stil-stil by die Barn House sentrum oopgestoot. Hierdie netjiese dekor-cum-koffiewinkel het reeds ‘n gewilde kuierplek vir veral ons dorp se vroue geword.

Die spreekwoord sê dat jy nie ‘n persoon op sy baadjie moet takseer nie. Die eienares, Tiekie van Biljon is ‘n toonbeeld  van vroulikheid.

Jy sou nooit sê dat sy 16 jaar lank ‘n boervrou – ja, boervrou – nie ‘n boer se vrou nie - in die Kimberley-omgewing was nie.  Sy het met beeste, boerbokke en wild geboer.

Haar man Hannes, is as fnansiële direkteur in Bredasdorp by die Kaap Agulhas Munisipaliteit aangestel en die egpaar het besluit dat ‘n pendelhuwelik glad nie vir hulle gaan werk nie.

Tiekie het huisvrou geword in hulle Franskraal vakansiehuis, maar hierdie werf was veels te klein vir die Kimberley-boervrou.

Soos wat almal weet, knou die droogte landwyd en soos wat ‘n boervrou nou maar is, het Tiekie se vindingryke boervrouvriendinne begin planne maak om hul mans finansieel by te staan.  Die boervrouens het koppe bymekaar gesit en vandag is Tiekie se Farmlady’s Shed die afsetpunt vir haar vriendinne se kreatiewe handwerk. Tiekie se dekorwinkel spog met handgemaakte leerartikels soos wat min mense nog gesien het, kwaliteit sierkussings, allerlei naaldwerk en kunswerke deur Karien van Vuuren, Nicky Blignaut en Maria M.

Vars gebakte kleinkoekies en beskuit van die plaas af en allerlei ingemaakte produkte, maak Tiekie se winkel ‘n gewilde stopplek.

Tiekie is ‘n voorslag met vleisgeregte en vertel dat die kaaskoek ‘n “moet” is om te proe.

Sy en haar regterhand, Christine Jefferies, maak ook deesdae snoepborde op bestelling.

Hierdie “boervrouskuur” is beslis ‘n besoek werd.

Plaasvroue vat hande in droogtetye

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant