Egpaar veg teen brand met tuinslang

Egpaar veg teen brand met tuinslang

Gansbaai Courant

Die bure van Hendrick en Natasha Bodensteyn van Franskraal Karavaanpark, wie se huis Dinsdag, 27 September 2016 tot as verbrand het, JJ (Cobus) en June Malan, vertel dat hulle bykans die hele nag buite spandeer het om verdere skade aan hul eie huis te voorkom.

Gansbaai Courant (Donderdag, 6 Oktober 2016) het berig van Hendrick en Natasha Bodensteyn se huis in Franskraal Karavaanpark wat tot as verbrand het.

Die egpaar en hul drie kinders, De Wet (11), Nathen (1½) en Henco (5 maande), wat nie tydens die brand tuis was nie, het net die klere aan hul liggame oorgehad.

Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie. Hendrick het gesê dit gaan beter onder omstandighede en dat hulle graag hul opregte dank en waardering teenoor almal wat behulpsaam was en hulle ondersteun het, wil oordra.

Twee persone wat nie oor die hoof gesien kan word nie, is JJ en June Malan. Die egpaar het die brandweer ontbied, maar intussen het hulle vir etlike ure met ‘n tuinslang in die reën probeer doen wat hulle kon.

Hulle eie huis het ook ernstige skade opgedoen, soos gebrande balke, elf gebarste ruite, swart-gebrande mure, kantgordyne en gesmelte TV-drade.

“Ek het in die reën hek toe gestap om die brandweer te laat inkom en verder was ons die hele tyd buite met die tuinslang in die reën besig,” vertel JJ. “Selfs die volgende dag moes ons nog toesien dat die smeulende as nie weer vlamvat nie.”

JJ sê hy het ook in die reën gesukkel om die groot gasbottel weg te rol om te verhoed dat dit ontplof, wat inflamasie in sy rug tot gevolg gehad het.

‘n Groot dankie is aan hulle verkuldig vir hulle omgee en besorgdheid.

Egpaar veg teen brand met tuinslang

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant