Pearly Hengelklub klop Alpha en Weermag

Pearly Hengelklub klop Alpha en Weermag

Gansbaai Courant

In ‘n strawwe hengelkompetisie Saterdag, 9 Oktober 2016 kon Pearly Beach Hengelklub daarin slaag om met die louere weg te stap in die spankompetisie  met ‘n gemiddeld van 2.16 kilogram per hengelaar.

Twee en twintig hengelaars het vir Pearly Beach klub deelgeneem.

In die tweede plek was Alpha met ‘n gemiddeld van 1.05 kilogram vir hul twee en twintig hengelaars en Weermag derde met 0.56 kilogram vir hul tien hengelaars.

In totaal was daar honderd en negentien inskrywings met ses en dertig hengelaars wat drie en vyftig visse met ‘n totale gewig van 101.55 kilogram  gevang het.

Johan de Kock troon as wenner uit met ‘n sak van 7.55 kilogram, twee kabeljoue en twee galjoene.

Jacques Viviers is 2de, Kevin Hattingh 3de, Heinrich Fourie 4de, Deon Strydom 5de, Denton Bauermeister 6de, Dave Wright van Alpha 7de, Wessel Fourie 8ste, Joey Carstensen van Alpha 9de, en JP van Antwerpen van Alpha 10de.

Alida Grove wen die dames kompetisie, Ethan Muller die juniors en Dave Wright van Alpha die seniors.

Francois Nortje weeg die swaarste galjoen van die jaar in, ‘n pragvis van 2.65 kilogram. Joey Carstensen se 7 kilogram mosselkraker is die grootste vis van die dag en Kevin Hattingh se sak van 7.6 kilogram die swaarste.
Die klub se jaarlikse braai vir die hengelaars en hul gesinne was weer eens ‘n feestelike geleentheid met 170 gaste en 16 kinders.

Die Algemene Jaarvergadering vind op 11 November 2016 plaas en die volgende kompetisie op 12 November 2016.

Pearly Hengelklub klop Alpha en Weermag

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant