Die hare waai by Academia

Die hare waai by Academia

Gansbaai Courant

Die manspersoneel van Gansbaai Academia se hare het letterlik  Maandag, 17 Oktober 2016 “gewaai” - gelukkig nie as gevolg van ‘n bakleiery nie, maar uit meegevoel en empatie met ’n landwye veldtog ten bate van ons land se vele kankerpasiënte.

“Ons wil graag wys dat ons nie in afsondering op ‘n eiland woon nie, maar dat ons graag ons ondersteuning, empatie en deernis teenoor kankerlyers wil beklemtoon,” het Tommy Wilson, Gansbaai Academia se skoolhoof, gesê. “Ons is ook bewus van kankergevalle onder ons eie personeel se familielede.”

Tong in die kies het hy gesê dat hy darem ‘n bietjie hare aan die kant van sy kop kon afskeer, aangesien hy eintlik ‘n “natural bold” is.

Die manspersoneel wat hul hare “laat waai” het, is Tommy Wilson (skoolhoof), Barry Fourie, Garren Verhoog, Graig Gillian, Jacobus Barnard, Mervin Hess (graadhoof, graad 10), Theuns van Schoor (sport-koördineerder) en Wilton Philips (graadhoof, graad 11).

Slegs drie manspersoneellede het dit, as gevolg van persoonlike redes, nie gedoen nie.

Barry Fourie het gesê dit is die eerste keer dat hy sy baard in vier en dertig jaar afgeskeer het!

Die hare waai by Academia

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant