Kunswedstryd wag in die 2017-jaar

Kunswedstryd wag in die 2017-jaar

Gansbaai Courant

Gansbaai se bekendes in kultuurkringe was verlede Vrydagaand die eregaste by die finale rondte van die ‘Hangklip/Kleinmond Got Talent’ kunswedstryd. Die gehoor is verras met uitmuntende talent en het met tye geskaterlag, maar ook met tye ‘n traan afgevee. In samewerking met die Kleinmond-groep wat die kunswedstryd geïnisieer het, is die wiele aan die rol om volgende jaar ‘n uitstekende kultuuropskop te reël vir ons dorp se talentvolles. 

Gansbaaiers kan solank hul stemme warm maak, hul kitaarsnare laat span en die stof van die viole afvee.  Hier saam met Vrydagaand se beoordelaars staan Annelie Botha (sangafrigter), Siyabonga Vonco (beoordelaar), Lynette van Wyk (dansinstrukteur), agter haar – Marjaan van Tonder (komponis) en die ander beoordelaars: Niki Daly, Nicolette Botha-Guthrie en agter, Sandy Gertse. 

‘n Komitee sal binnekort op die been gebring word en Annelie vertrou dat ouers net soveel in hul kinders se kultuur sal belê, as in sport.  Almal wat ‘n droom het vir Gansbaai se kultuur, hetsy met organisering, administrasie of afrigting, kan gerus inskakel by hierdie inisiatief. Hou die pers dop.

Kunswedstryd wag in die 2017-jaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant