Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Dit is nou maar eenmaal so dat voedselfoto’s in glanstydskrifte ‘n lus vir die oog is om na te kyk.
Dit is waaroor Gansbaai Fotografieklub se opleidingsessie van Maandag, 17 Oktober 2016 te Groeneweide Kwekery en Restaurant gegaan het.
Die aanbieder was Robert Johnson van Franskraal en hy het begin met ‘n aanhaling van Elliott Erwitt: “Photography is an art of observation. It has little to do with the things you see and everything to do with the way you see them.”
In sy aanbieding van voedselfotografie het Robert onder andere na die volgende aspekte verwys: die fotograaf moet volle kontrole oor alle aspekte van voedselfotografie vat; foto’s moet nie sommer net geneem word nie, deeglike voorbereiding is noodsaaklik; die belangrikheid van ‘n duursame en stewige driepoot kan nie oorbeklemtoon word nie; ‘n waterspuitbottel kan vir die effek van waterdruppels gebruik word; die sogenaamde “Goue Driehoek” moet in gedagte gehou word; beligting en die korrekte hoek van die kamera is belangrik en skaduwees moet uitgeskakel word; volledige foto’s is nie ‘n prioriteit nie – ‘n halfgevulde bord werk net so goed, maar die foto moet ‘n “storie” vertel; te veel produkte sal die foto té “besig” maak; wit materiaal wat met ‘n ronding na bo gebuig is as agtergrond, werk perfek.
“Met die insiggewende kennis wat ons vanaand opgedoen het, sien ons uit na voedselfotografie met ons foto’s wat tydens die volgende byeenkoms vertoon gaan word,” het Riaan Jacobs, voorsitter van Gansbaai Fotografieklub gesê.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...