Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Dit was ‘n wonderlike oggend wat gewy was aan heerlike kos & vonkelwyn, wonderlike saamkuier, lag en huil en net vir ‘n kortstondige oomblik kon die tyd vir ons vrouens stilstaan om net te kon voel hoe dit is om te kan terugsit en te geniet. Liz Meiring en Margit (Dowwe Dolla) het die gaste op ‘n verbeeldingryke en komiese vlug gesit met hul lawwe, maar tog diep stories. Adam was soos altyd uitstekend en daar was verseker nie ‘n droë traan in die gehoor nie. Ons dag was aangebied om ook uit te reik na Cancer Vive, ‘n organisasie wat geweldige goeie werk doen met die bewusmaking van kanker en die ondersteuning in hierdie moeilike tyd.
Die ondersteuningsnetwerk wat hulle aan die wye publiek gee, kan nie in randwaarde gemeet word nie en was dit vir Superspar Gansbaai wonderlik om R15 000 te kon bydra sodat hulle hierdie wonderlike werk kan voortsit. Elke gas het ook nie leë hande huis toe gegaan nie en is bederf met ‘n pragtige, grys en wit “Shabby Chic”-drasak vol interessanthede.
Gansbaai Superspar en Chrizülene van Niekerk bedank elkeen wat hierdie heerlike oggend bygewoon het. Ons glo dat elkeen dit terdeë geniet het en onthou – bespreek asseblief vroegtydig u plekkie vir volgende jaar!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...