Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die 37-jarige Simbonile Maqa was op parool uit, toe hy weer eens ‘n misdaad gepleeg het.
Maqa het Sondag, 30 Oktober 2016 omstreeks 02:40 na bewering ‘n sleepwa by ‘n vakansiehuis in De Kelders gesteel.
‘n Inwoner van De Kelders het gesien hoe twee mans die Venter sleepwa aan ‘n voertuig koppel, waarna hulle weggery het. Hy het die polisie geskakel.
Adj.Off. Lourens en Konst Lolwana wat uitgeroep is na die toneel, was oppad daarheen toe hulle ‘n verdagte voertuig met ‘n sleepwa gewaar.
‘n Jaagtog het ontstaan en die vermeende skelms het albei die voertuig se deure oopgemaak in ‘n poging om uit te spring. Een van hulle het wel daarin geslaag om weg te kom.
Die polisie kon daarin slaag om die voertuig met die sleepwa in Barnardstraat, Gansbaai af te trek en het Maqa gearresteer.
Die eienaar wat in Rustenburg, Noord-Wes Provinsie woon, het Dinsdag ‘n klag van diefstal by die Gansbaai Polisie gelê.
Maqa het dieselfde dag in die Hermanus-hof verskyn op ‘n aanklag vir die besit van gesteelde eiendom. Borgtog is geopponeer weens vorige veroordelings.
Maqa was een van die beskuldigdes wat in 2010 by ‘n inbraak by Grootbos Natuurreservaat betrokke was. Hy was toe tot tien jaar gevangenisskap gevonnis, waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is.
Maqa sit nou met twee klagtes teen hom, naamlik die besit van gesteelde eiendom en een van diefstal.
Maqa is op grond van goeie gedrag vrygelaat op sy vorige vonnis toe hy Sondagnag weer ‘n misdaad gepleeg het.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...