192 lopies vir Corrie

192 lopies vir Corrie

Gansbaai Courant

Gansbaai Krieketklub het Sondag, 30 Oktober 2016 in Stanford teen Stanford Krieketklub aan ‘n 40 Overs Sondagliga-wedstryd te staan gekom en met ‘n reuse telling as oorwinnaars uit die stryd getree.

Gansbaai het eerste gekolf, met Corrie Avenant, sekerlik die “speler van die dag”, wat ‘n reuse telling van 192 lopies (15 x 4) en (13 x 6) aangeteken het (die hoogste telling nóg vir Gansbaai). Verdere bydraers tot die oorwinning was dié van Dirk met 44 lopies (2 x 4 en 3 x 6) en Emilé met 33 lopies (2 x 4). Stanford se beste boulers was Randall (5-0-44-3) en C Koopman (7-1-39-3).

In hulle kolfbeurt kon Stanford geen weerstand teen die vinnige en akkurate boulwerk van Gurshwin Davids (3-0-16-2), Corrie Avenant (5-1-16-3), Christo Swart (4-1-20-3) en Dirk (14-0-2-1) bied nie.

Gansbaai het met 327/10 in 38 boulbeurte uit die stryd getree, met Stanford wat almal uit was vir 57 lopies.  

Die Gansbaaiers wen die wedstryd met 270 lopies.

Gansbaai se volgende wedstryd is op Sondag, 13 November 2016 tuis teen Kleinmond Krieketklub.

192 lopies vir Corrie

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant