Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die geelbekke het Saterdag, 5 November 2016 behoorlik soos snoek “gelóóp”.
Met die twaalfde en laaste 2016 boothengelkompetisie van die Birkenhead Boothengelklub, was dit die geelbekvangstes wat vanjaar se finale wenners bepaal het.
Die swaarste geelbek (5.7kg) is uitgetrek deur Gavin Engelbrecht. Dit maak hom die swaarste vis vir 2016.
Vier bote het ingeskryf en al vier het ingeweeg. Die aantal bemanning was vyftien, waarby twee juniors en een dame ingesluit was. Vyf verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was honderd en veertien, met 'n totale massa van 151.95kg. Dit bring dit op ‘n gemiddeld van 10.13kg per hengelaar.
Volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Gavin Engelbrecht (Geelbek - 5.7kg); 2de swaarste vis, Leon Engelke (Geelbek - 5.40kg); swaarste sak (15.40kg), Danie Fourie; 2de swaarste sak (14.15kg), Ben Uys; swaarste bootgemiddeld (14.63kg), Oupa van Ben Uys; 2de swaarste bootgemiddeld (9.26kg), Relêks van Jean Downing; Junior swaarste sak (15.25kg), Hennie Groenewald.
Die eerste drie voorlopers is: Bootkampioene - Oupa (60.59kg) van Ben Uys, Nu-Nu (53.96kg) van Johan Burmeister en Relêks (51.97kg) van Jean Downing; Mans Visvangkampioene - Danie Fourie (61.90kg), Ben Uys (59.40kg) en Johan Burmeister (56.80kg); Dames Visvangkampioen - Dixie Walsh (17.10kg); Junior Visvangkampioene - Hennie Groenewald (58.90kg) en JP Uys (57.85kg).
Trofeë sal tydens die Jaareindfunksie wat Saterdag, 19 November 2016 plaasvind, oorhandig word.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...