Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘Suid-Afrika verloor die oorlog teen perlemoenstropery.’
Dit was die woorde van die Wes-Kaapse Provinsiale verteenwoordiger en voorsitter van die staande komitee vir Ekonomiese Aangeleenthede, Toerisme en Landbou, me Beverley Schäfer, tydens ‘n openbare vergadering in Gansbaai wat Maandagmiddag hier plaasgevind het.
Dit was die eerste van twee loodsvergaderings wat deur DA raadslede Riana de Coning, (Wyk 2) en Dudley Coetzee (Wyk 11) gereël is. Die tweede vergadering het die aand in Pearly Beach plaasgevind.
DAFF kortwiek vordering
Die ander belangegroepe wat teenwoordig was, is Brig Donovan Heilbron: Groepbevelvoerder SAPD Overberg, kapt Danie Rautenbach, speurhoof: SAPD Gansbaai, lt-kol Kholosa Moshi, stasiebevelvoerder: Gansbaai en Neville Michaels, direkteur Veiligheidsdienste van die Overstrand Munisipaliteit.
Dit was duidelik dat inwoners sat is vir perlemoenstropers wat ooglopend meer regte op die strande het as die publiek. Dit is egter ook duidelik dat inwoners bereid is om saam met die owerhede te werk om misdaad hok te slaan.
Volgens rdl Riana de Coning blyk die grootste probleem te wees die Nasionale Regering wat voete sleep met die perlemoenprobleem.
Me Schäfer en haar Departement voer ‘n geweldige stryd met die Departement van Bosbou en Seevisserye (in kort bekend as DAFF) en het die respek van die vergadering gewen met ‘n lang feitelike verduideliking van haar stryd teen DAFF en dat haar departement in die proses is om DAFF voor die staande komitee te daag.
Die Staat se koffers bult uit perlemoen wat in die Overstrand gestroop word.
Volgens me Schäfer, begroot DAFF nagenoeg 30% inkomste per jaar uit perlemoenstropery. Hierdie stropery gaan gepaard met verskeie ander misdade, soos dwelms, huisbrake, motorinbrake, onpadwaardige voertuie en meer.
Om dié rede het lede van die publiek verlede week inderhaas ‘n vreedsame optog deur die strate van Gansbaai gereël om hul misnoeë teen misdaad te onderstreep.
Die tydsberekening van die optog was perfek, aangesien die betrokke raadslede reeds ‘n loodsvergadering oor misdaadbedrywighede gereël het met die betrokke veiligheidsowerhede wat die streek verteenwoordig.
‘n Memorandum is Saterdag voor die polisiestasie aan Brig Heilbron, Groepsbevelvoerder SAPD Overberg, oorhandig.
Hy het optoggangers die versekering gegee dat hy teen 23 November vir hulle antwoorde sal hê.
Reaksie
Emosies het by tye, veral by die Pearly Beach vergadering, hoog geloop. Op tye is persoonlike beledigings na sprekers geslinger. ‘n Inwoner van Pearly Beach, wie se naam nie bekend is nie, het me Schäfer op ‘n stadium om verskoning gevra. Sien rdl Dudley Coetzee se brief op bl 8.
Nadat besef is dat Wette die oorsaak is dat niks aan die stropersituasie gedoen word nie, was daar baie positiewe voorstelle. Dit is duidelik dat owerhede hulp vra en dat die publiek ywerig is om hulle hande te neem.
Lt-kol Moshi het gesê dat die Staat weer polisiereserviste gaan aanstel. Sien berig bl 13. Dit is baie positief ontvang, maar die gehoor het hulle misnoeë gewys, betreffende die ouderdomsperk.
Enige iemand van enige ouderdom bo 18 kan egter by die buurtwaggroepe aansluit.
Dit was veral Uilkraal en die Franskraalgroep wat kon toon hoe suksesvol hul buurtwagte misdaad bekamp.
Whatsapp-groepe word ook met groot sukses aangewend.
Rdl de Coning het Maandag tydens ‘n onderhoud met die Gansbaai Courant gesê dat sy trots is op haar kiesers. “Ten spyte van die feit dat dit ‘n baie emosionele vergadering was, het hulle dit op ‘n professionele wyse hanteer en met uitstekende voorstelle vorendag gekom.”
Sy voel, soos baie ander dat wetsgehoorsame burgers die reg ontneem is om die see te geniet. Sy voel dat om perlemoen uit te haal, gewettig moet word. Sodoende kan mense weer kos op hul tafels kry. Die Staatskas kan steeds daarby baat, deur die wettige verkoop van lisensies. Aldus rdl De Coning.
Opvolgvergaderings word reeds vir die nuwe jaar beplan.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...