Porsche Suid-Afrika kuier in De Kelders

Porsche Suid-Afrika kuier in De Kelders

Gansbaai Courant

Porsche Suid-Afrika het oor jare heen ‘n sagte plekkie vir Gansbaai en meer spesifiek De Kelders ontwikkel.

 “Ons ry jaarliks hierdie roete om die pragtige natuurskoon opnuut te geniet en ook omdat die roete ideaal is vir ons spesifieke motors,” sê Christo Kruger, mediabeampte van Porsche Suid-Afrika.

Hul gunsteling kuierplek bly steeds Coffee on the Rocks van Barry en Gail Johnson in De Kelders. Die jaarlikse Porsche-uitstappie na die pragtige Overstrand strek reeds oor baie jare.

Nie alleen stel Porsche Suid-Afrika hul nuwe produkreekse op die roete bekend nie, maar bring ook hul kliënte en personeel hierheen om die pragtige natuurskoon te bewonder.

Hierdie besoeke is ‘n inspuiting vir die area se toerismebedryf, aangesien die groepe verskeie besienswaardighede  besoek, gewoonlik oor ‘n tydperk van sowat vyf dae. Joernaliste maak ook gereeld die roete mee.

Barry Johnson van Coffee on the Rocks vertel dat hul besoekers nooit uitgepraat kan raak oor die Overstrand se mooi kuslyn nie. Porsche bepaal wat hulle op die spyskaart wil hê by hierdie gewilde toeriste uitkykpunt en die Johnsons sorg dat hul kliënte se wense vervul word.

Porsche Suid-Afrika kuier in De Kelders

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant