Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Na vele navrae, verwarring en ontevredenheid onder huiseienaars in die Overstrand oor die onaangekondigde aanpassing van elektrisiteitsdeposito’s op munisipale rekeninge oor die afgelope paar maande, het Gansbaai Courant gaan ondersoek instel.
In sekere gevalle is deposito’s verlaag en in ander verhoog. Die debiete asook die krediete is in albei gevalle oorgeplaas na die lopende rekeninge.
‘n Ontstelde pensioenaris het onder andere aan die Courant gesê dat, indien daar nie toevallig ekstra fondse in sy bankrekening was nie, van sy ander betalings nie deur die bank gehonoreer sou word nie. Dit sou tot baie hoë en onvoorsiene kostes lei.
Raadslid Riana de Coning (Wyk 2) het in ‘n telefoniese onderhoud gesê dat almal onkant betrap is met hul munisipale rekeninge. “Ongelukkig is dit so dat ons as raadslede met die probleem gekonfronteer word, ook met polities-gemotiveerde opmerkings, wat niks met politiek te make het nie, maar bloot handel oor administrasie en die toepassing van regulasies.”
Die enigste bron van kommunikasie wat deur die Courant gevind kon word betreffende hierdie aangeleentheid tussen huiseienaars en die Overstrand Munisipaliteit, was ‘n vyfjaaroue publikasie in die Bulletin van Julie 2011.
Rdl de Coning het met verwysing hierna gesê dat deeglike en deurtrapte gesprekke met Overstrand Munisipaliteit Administrasie gevoer is en dat so iets nie weer sal gebeur nie.
Die meerderheid verbruikers se deposito's is verlaag en hul rekeninge is gekrediteer.
In gevalle waar die deposito verhoog is, mag die verbruiker aansoek doen om die bedrag af te betaal.”
Verbruikers wat steeds oor kredietmeters beskik, kan dit sterk oorweeg om na voorafbetaalde elektrisiteitmeters om te skakel.
Dit beteken dat daar slegs ‘n deposito van R460 (enkelfase) of R920 (driefase) betaalbaar is, en die res van die bestaande deposito kan dus aangewend word om die koste van die meteromskakeling te betaal. Die eenhede is goedkoper vir voorafbetaalde elektrisiteit as die eenhede van ‘n kredietmeter.
Pensioenarisse wat kwalifiseer vir deernishulp, se deposito’s sal aangepas word in ooreenstemming met die goedgekeurde tarief, soos van toepassing.
Verbruikers wat nie in staat is om die depositoverhoging soos per die September 2016 rekening eenmalig kan betaal nie, is welkom om die kantoor te skakel, sodat reëlings getref kan word om hierdie bedrag af te betaal.
Die kliëntediensnavrae-nommer is 028 313 8000.
Verbruikers word ook verwys na die Overstrand Bulletin van Julie 2011, wat keuses oor verhoogde deposito’s soos volg verduidelik het:
“Elektrisiteitsdeposito’s van bestaande Overstrand-kliënte gaan van September (2011) af aangepas word om dit in lyn te bring met dié van mense en instansies wat nuwe rekeninge open.
Dit kom daarop neer dat die deposito gelykstaande moet wees aan die som van ‘n kliënt se twee hoogste maande van verbruik. Dié aanpassing gaan voortaan jaarliks in verhouding met die gemiddelde elektrisiteitstariefverhoging gedoen word.
Vir baie gaan dit ‘n drastiese verhoging meebring - sommige kliënte se diensooreenkomste dateer uit ‘n era toe daar geen deposito’s vereis is nie - maar om die impak te versag. sal die verhoogde bedrag oor ‘n tydperk van 10 maande met ingang van September (2011) betaalbaar wees. Alternatiewelik kan verbruikers na voorafbetaalmeters oorskakel.
Dié verhoging was onafwendbaar.
Verbruikers moet in gedagte hou dat die doel van ‘n deposito meer is as om bloot sekuriteit teen wanbetalers te verskaf.
Dit voorsien ook die nodige bedryfskapitaal vir die aankoop van dienste deur die munisipaliteit, wat in die geval van elektrisiteit binne tien dae na die einde van die maand aan ESKOM betaalbaar is.
Met die drastiese verhogings in elektrisiteitstariewe, wat oor die afgelope drie jaar met 107% gestyg het, het die deposito’s tot die munisipaliteit se beskikking tot so ‘n mate ontoereikend geword dat dit sy finansiële lewensvatbaarheid ernstig aangetas het. Die verhouding van kontant tot die vaste maandelikse verpligtinge sou vanjaar sonder die aanpassing van deposito’s tot sowat 0,66:1 geval het, waar die wetlike vereiste is dat dit 1,2:1 moet wees.
Ervaring toon dat verbruikers met voorafbetaalmeters hul kragverbruik meer deeglik en op ‘n daaglikse basis kan moniteer en bestuur.
Daar word verwag dat kliënte op groot skaal na voorafbetaalmeters gaan oorskakel, en ‘n voorraad van 3500 meters is reeds aangekoop.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...