Die vis gemis?

Die vis gemis?

Gansbaai Courant

Daar is verlede week behoorlik ingeklim onder veral geelbek, maar ook heelwat kabeljou is gevang terwyl selfs makriel en snoekies ingebring is. Goeie rede waarom ‘n boot so ‘n waardevolle besitting is. Somtyds is daar probleme wat jou weerhou om see toe te gaan en ek praat nie nou van die feit dat jy net te laat besluit het om jou agterent in rat te kry nie. Dan moet jy maar die pak vat! Om mee te doen aan hierdie jaarlikse visloop moet jy in die eerste plek kennis van die see en hengeltoestande hê om gereed te wees vir die aksie.

Indien jy in elk geval nie kon meedoen nie, omdat jou boot byvoorbeeld nie op daardie tydstip seevaardig was nie (en dis een geval wanneer jou afwesigheid geregverdig is) sal jy maar jou kans moes afwag.

Ek was een van die skippers wat noodgedwonge aan my boot moes laat werk en dus droëbek aan wal moes deurbring terwyl die ander manne gespog het met hulle goeie vangste. Ongelukkig is dit ook so dat jou bemanning (behalwe indien hulle “site” op ‘n ander boot kry), ook maar net kon toekyk. Dat van hulle nie baie vriendelik was nie kon ek dus niks aan doen nie!

Maar die Saterdag was my boot weer reg en ek gereed vir my deel van die slagting. Ek moes skielik my bemanning organiseer maar kon slegs een van die “crew” kry wat wou saam gaan. Die ander ouens het almal goeie redes gehad waarom hulle nie beskikbaar was nie, maar  was seker steeds omgekrap.

Ek was vroeg op die hawe en daar het reeds heelparty bote gestaan, die weer en water was belowend en ons twee was in die halfdonker reeds op pad. Maar nêrens het ons ‘n samedromming van bote gesien nie  --  dit beteken ongelukkig die vis byt nie meer op ‘n kol nie, of selfs glad nie. Maar ons gooi en soek en dwaal rond en probeer hard. My maat vang twee kleinerige kabeljoutjies en ‘n “size” rooistompie. Ek spog met ‘n bamboeshaatjie en ‘n klein, klein klipvis.

Hier by elfuur is ons met die rowwe water reeds aan wal en op pad huis toe. Wel, ek het al ‘n haatjie gebraai, en ek weet jy kan ‘n klipvis eet. Miskien nooi my maat my vir ‘n braai.

Volgende keer is die ouens nie meer so kwaad vir my nie en dan ons is dalk meer gelukkig!

Groete,
Seemeeu

Die vis gemis?

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant