Beskerm ons diere oor feestyd - Rdl Riana de Coning

Beskerm ons diere oor feestyd - Rdl Riana de Coning

Gansbaai Courant

 ‘n Gemeenskap se opvoedingsvlak word  beoordeel volgens die wyse wat hul vir mekaar omgee,  hul kinders opvoed, hul bejaardes versorg en na hul geliefde viervoetige vriende omsien.  

Dit is heeltemal onwettig om vuurwerke of klappers in woongebiede af te skiet. Overstrand se verordeninge maak uitdruklik daarvoor voorsiening dat vuurwerke slegs op voorafbepaalde gebiede en tussen spesifieke tye afgevuur mag word. (Lees Desember se Overstrand Bulletin).  Die afskiet van klappers behoort geheel en al verban te word (maar dit is 'n saak wat ons in 2017 sal aanspreek). 

Ek sal beslis 'n beroep op wetstoepassing doen om 2 Desember tydens die aansteek van die Kersliggies in Hoofstraat hier te wees om oortreders te beboet. Om ons hand te versterk wil ek ook versoek dat die publiek foto’s neem van oortreders sodat ons dit kan gebruik om hul agterna te vervolg. Onthou - geen klappers of vuurwerke mag in woongebiede afgeskiet word nie - nie eers op jou eie privaat erf nie !  

As voorsorgmaatreël wil ek graag diere-eienaars versoek om op die aand van 2 Desember en ook op Kersfees en Oujaar u diere binnenshuis te hou. Speel musiek of skakel die TV aan sodat die spanning wat al die ander lawaai veroorsaak verminder word. Wees as diereliefhebbers ver-antwoordelik.  Ek doen ook 'n ernstige beroep op die "pretmakers" om hulle "bangs" wettiglik te doen. Julle gaan beboet word indien jul die versoek verontagsaam. 

Laat ons asseblief in die feestyd 'n gemeenskap wees wat vir mekaar omgee.

Beskerm ons diere oor feestyd - Rdl Riana de Coning

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant