Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Kennis geskied hiermee dat alle kontrakteurs wat vullis vanaf private persele na munisipale oorlaaistasies en stortingsterreine vervoer, binnekort by die munisipaliteit sal moet registreer ingevolge ‘n nuwe bepaling wat deur die departement van omgewingsake neergelê is.
Die departement van omgewingsake gaan voortaan van munisipaliteite verwag om maandeliks verslag te doen oor die hoeveelheid vullis wat by stortingsterreine gestort word, sowel as die hoeveelheid vullis wat vir hergebruik bestem is en dus nie by stortingsterreine gestort word nie.
Munisipaliteit Overstrand het sy Verordening op Vaste Afval dienooreenkomstig aangepas en, ooreenkomstig hierdie gewysigde verordening, moet alle kontrakteurs wat vullis in Overstrand se munisipale gebied vervoer, voortaan as sodanige kontrakteurs by die munisipaliteit registreer sodat die munisipaliteit die nodige data kan bekom vanaf daardie kontrakteurs wat hierdie tipe diens verrig.
Hierdie reëling sal ook die betaling vir storting van vullis (meer as een ton) vergemaklik, aangesien ‘n enkele gekonsolideerde rekening aan die einde van die maand voortaan aan kontrakteurs wat vullis stort, gelewer kan word.
Voorts sal die voortspruitende databasis kommunikasie tussen die munisipaliteit en kontrakteurs vergemaklik en, onder andere, verseker dat wysigings ten opsigte van bepalings en tariewe betyds oorgedra word.
‘n Registrasiebrief en identifiserende plakker sal uitgereik word aan daardie kontrakteurs wat binne Overstrand se munisipale gebied werksaam is. Sodoende sal hulle makliker onderskei kan word van daardie kontrakteurs buite die munisipale gebied, van wie verwag word om ‘n duurder stortingstarief te betaal.
Wie moet registreer?
Kontrakteurs wat bourommel en tuinvullis en gewone huishoudelike vullis na munisipale aflaaiplekke, oorlaaistasies en stortingsterreine vervoer;
Kontrakteurs wat skrootmateriaal verhandel; en Kontrakteurs wat kontrakte met die munisipaliteit het om huishoudelike vullis te vervoer.
Rig enige navrae in hierdie verband aan die bestuurder: Vaste-afvalbeplanning, Johan van Taak, by jvantaak@overstrand.gov.za of skakel hom by 028 313 8982.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...