Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Namens die manne wat nog vasklou aan hulle bote (wel, die wat nog kan!) wil ek graag verduidelik waarom dit so is.
Mens kan praat van die mooi dae op see wanneer jy kans kry om alles te bewonder en ook die see kan geniet. Dis natuurlik ’n groot oorweging maar, daar is ook ‘n ander kant van die saak wat melding kort. Ons praat van dae wanneer die see nie noodwendig so ideaal is nie, en nie soseer van storm-omstandighede nie. Ideaal is alles natuurlik in ‘n pakket saamgevat. Hiermee bedoel ek dat die skipper wat sy sous werd is omtrent al hierdie omstandighede deurloop en die nodige ondervinding so opgedoen het. Hy kan dan met ‘n mooi dag rustig sit en nog steeds met respek die see geniet en hy sal altyd onthou wat die groot water in ander omstandighede bied.
Daar is al baie van ons wat ondervindinge ter see gehad het wat jou sekere tye laat voel het om van die water weg te bly -- die gevoel dan is dat jy jou tyd gehad het, en daar ‘n tyd is om op te hou. Selfs dat dit seker is wat ‘n Hoërhand waar-skynlik bedoel het. Dis egter nie so maklik of selfs so eenvoudig nie.
Vir baie is dit dan ‘n groot oorweging om uiteindelik te besluit wat jou te doen staan en boonop die regte besluit te neem. Die kanse is baie goed dat indien die voorval so ernstig was jy nie self ligtelik ‘n rigting sal inslaan nie en ook Hom daarin sal ken. En die kanse is baie goed dat jy weer met jou boot sal see toe gaan. My voorneme was: Ek sal sorg dat ek nie onnodige kanse waag nie. Daar sal altyd die kans wees dat iets op see kan verkeerd loop, maar solank jy nie verantwoordelik is vir die krisis nie is daar geen rede waarom jy nie sal voortgaan nie -- en jy is mos nooit alleen nie!
Dis juis waarom die boot en alles wat daarmee saamgaan so besonders is. Die hengel, die mense wat saam met jou is, ou en nuwe vriende. Besonderse en interessante mense en ondervindinge wat op see gebeur. Die natuur wat wispelturig is en hoewel jy dit altyd sal waardeer jou ook skerp hou. Op see is dit nooit vervelig nie en dis waar jy rustig word. Daar is altyd iets nuuts te leer en iets interessants wat gebeur. En so kan ek aanhou, maar dis ook tyd om op te hou skryf.
Groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...