Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die bemanning van skipper Ben Uys se boot, Oupa, het behoorlik seewater in Birkenhead Bootklubhengelaars se oë geskop.
Hulle het die mees gesogte trofeë tydens die klub se jaareindfunksie op Saterdag, 19 November 2016 ontvang - dít nadat die boot en die twee seniors tot voor die laaste boothengelkompetisie nog agter was.
Ben Uys, skipper/eienaar van Oupa, is bekroon as algehele bootkampioen (60.59kg), asook vir die tweede beste mans visvangkampioen (59.49kg).
Danie Fourie, op dieselfde boot, palm die trofee vir die algehele visvangkampioen (61.90kg) in en word ook as die sportman van die jaar aangewys.
Die klub se twee juniors, ook op Oupa, Hennie Groene-wald en JP Uys, het ook nie teleurgestel nie. Hennie is vanjaar se algehele junior visvangkampioen (58.9kg) en JP is kort agter hom die tweede juniorkampioen (57.85kg).
“Indien ons die twee juniors na die algehele lys sou oorplaas, sou hulle onderskeidelik die derde en vierde plekke ingeneem het, wat ‘n aanduiding is van hoe goed hulle vaar,” het Philip Fourie, voorsitter van die klub, gesê.
Op sosiale gebied is die Voorsitterstrofee vir Verdienstelikheid aan die egpaar Johan en Suzette Wiese oorhandig en die kroegman, Ralph Gibbs, ontvang die trofee vir sosiale bydrae. Lorraine Fourie, die klubsekretaris, het ‘n yslike ruiker vir haar bydrae op verskeie gebiede gedurende die jaar ontvang, met Maureen en Julie, die kombuispersoneel, wat ‘n honorarium vir hul getroue werk ontvang het.
In totaal is sowat dertien sertifikate vir tweede plekke en agtien trofeë vir eerste plekke in verskillende kategorieë oorhandig.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...