Desember – ’n maand van gebed vir vrede!

 Desember – ’n maand van gebed vir vrede!

Gansbaai Courant

“Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige GOD, Ewige Vader, Vredevors.  Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring.” (Jes.  9:5,6)  “Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat GOD prys en sê:  “Eer aan GOD in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!” (Luk 2:13)

Kan jy dit glo? Dis al weer Desembermaand. ’n Hele jaar het verbygesnel met al sy dramas en vreugdes.  Waaraan dink jy as jy hoor dit is Desembermaand? Kersfees, familie, vakansie, jolyt en saamkuier! Ja, ek dink dit is goed om aan die einde van nog ’n jaar tyd te maak om te ontspan en saam met jou familie en vriende te kuier. Maar laat ons asseblief nie die belangrikste saak in hierdie maand vergeet, of dit sommer as vanselfsprekend aanvaar nie. ’n Bietjie meer as tweeduisend jaar terug het GOD die grootse daad van liefde aan die wêreld bewys toe Hy Sy Seun na ons toe gestuur het om ons vry te maak van die mag van die sonde en die ewige dood.

In albei die verse wat hier bo aangehaal is uit Jesaja en Lukas, kom daar baie sterk die gedagte van vrede deur. GOD het Jesus gestuur as Vredevors, om vrede op aarde te bring tussen Hom en Sy kinders.  Vrede tussen GOD en jou, vrede tussen jou en ander mense en vrede tussen volke en groepe. As ons egter rondom ons kyk in ons land en die hele wêreld, merk ons maar min van hierdie ware vrede. Mense wil mekaar oral verskeur en vernietig oor elke moontlike ding. Onthou ons dan nie wat die engele gesing het met Jesus se geboorte nie?

Daarom dink ek dat ons hier in Suid-Afrika en veral ons hier in Gansbaai hierdie Desembermaand ’n maand van gebed vir vrede moet maak. En die beste manier om vrede te bewerkstellig is om in gebed te gaan en GOD te smeek om hierdie ware Kersfees-vrede in ons harte te laat groei en uit te dra. Vrede begin by jou, vloei uit jou uit na die volgende persoon en begin sodoende om die hele omgewing met vrede te vervul. Ons, ja ek en jy, moet ernstig bid dat GOD se vrede, Jesus se boodskap van liefde vir GOD, jouself, jou naaste en o ja, jou vyande, ons doelwit word.

Kom ons bid vir ’n Julius Malema dat hy hierdie Kerstyd Jesus sal ontmoet terwyl hy met sy vriende omgaan. Kom ons bid dat ons land se leiers en wie ook al in ’n posisie van mag sit, sal ontdek dat Jesus se mag en heerskappy die enigste ware antwoord is vir al ons probleme. Ja, ons moet bid vir ons kinders dat hulle nie meegesleur word deur die Kersliggies en vermaak nie, maar by Jesus se voete kan stil word. Ons moet bid vir vrede in hartseer en omgekrapte harte en almal wat moedeloos geword het. Jesus is die ware vrede – bid dat die Heilige Gees Hom opnuut in ons lewe laat sigbaar word.

Dis my gebed vir hierdie Desembermaand: Mag GOD jou met Jesus se vrede vervul!

 Desember – ’n maand van gebed vir vrede!

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant