Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Indien jy toegang het tot ‘n amperbootjie (of nog beter, een besit) moes jy teen hierdie tyd al doenig gewees het om kabeljou te vang.
Die vis lóóp, maar jy moet steeds weet wat jy doen!
Dit sit ook nie in elkeen se broek om die elemente te trotseer en somtyds tog met geen vis huiswaarts te keer nie.
Die weer sorg dikwels dat, wat jy ookal weet of maak, of beplan, die vis net nie wil byt nie. Daar is darem min dinge wat soveel genoegdoening verskaf as daardie kabeljou wat onverwags aan jou aas kom hang en somtyds is dit boonop sommer ‘n bielie.
Die manne met die groter bote pak die aksie bietjie anders aan. Die nadeel van die groter boot is dat jy meerendeels nie so na aan die wal kan kom as die kleiner weergawe nie en bietjie dieper moet probeer. Dis egter weer ‘n voordeel wanneer die vis dieper gee pad en jy met meer veiligheid daar kan gaan anker gooi. Dis egter nie nou die geval nie. Die suidooster sorg dat die water nou aan die vlak kant warmer is en natuurlik ook die regte vaal kleur vertoon -- en dis waar jy wil wees.
Alles wentel gelukkig nie net om die bote nie en heelwat vis is al met die lang stokke verkry. Hierdie tyd van die jaar is plekke soos Haaiklip, Die Gruis en Holbaai die eerste wat in gedagte kom wanneer jy veral aan kabeljou dink.
Die manne wat nie so vertroud is wanneer van die kant af gehengel word nie moet maar oplet hoe die kundiges dinge doen. ‘n Vis se vang sal ‘n groot uitsondering wees indien jy sommer net aas aansit, gooi, en hoop vir die beste. Die geluk kan wel aan jou kant wees indien jy tog gelukkig is en een (hopelik sommer ‘n grote) uittrek. Dis wanneer die ou Hardebaard langs jou vir omtrent al die vis sorg dat jy moet ooggooi en leer. Vanaf die boot is sake nie veel anders nie. Kyk, vra, leer en eksperimenteer. Onthou ook van die geelbek.
Wat belangrik is, is dat alle hengelaars mekaar met respek moet behandel. Moet veral nie oor ‘n ander man se lyn gooi nie en moet nie as ’t ware jou boot se anker omtrent in sy boot plaas nie! Laat dit ook saggies sak om nie ‘n groot geraas te veroorsaak nie. Gun die ander man sy spasie. En bly tog vriendelik en wees altyd bereid om te help, veral in tye van nood. Maak veral seker jy weet hoe om ‘n amperbootjie veilig te beman.
Groete vir eers, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...