Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n 48-Jarige vrou van Gansbaai, Aletta Vermeulen het Maandag, 21 November 2016 in die Hermanushof verskyn op aanklag van meineed.
Dit blyk dat Vermeulen ‘n valse verklaring afgelê het, na ‘n beweerde verkragtingsaak wat die sosiale media blad “Wie maak vir Gansbaai lekker” gedurende Oktober en November vanjaar behoorlik aan die gons gehad het.
Daar was nie minder nie as 300 Facebook-geselsers wat kommentaar gelewer het.
Volgens hoor-sê was daar twee gevalle van verkragting in daardie betrokke week aangemeld, wat onderskeidelik in Kusweg en Gansbaai hawe plaasgevind het.
Aangesien geen van die gerugte bevestig kon word nie, het Gansbaai Courant nie daaroor beriggewing gedoen nie. Redaksielede moes hulself staal teen beswadderende, naamlose boodskappers wat gereken het die koerant doen nie sy “plig” nie.
Die twee beweerde voorvalle was die laaste strooi vir inwoners van die groter Gansbaai.
Gepaardgaande met die onaangenaamheid en meegaande misdaad wat perlemoenstropery in die hele Overstrand veroorsaak, het Gansbaaiers besluit om hul stem dik te maak.
‘n Vreedsame optog het Saterdag, 12 November gevolg waartydens ‘n versoekskrif aan brigadier Donovan Heilbron oorhandig is. Dit is opgevolg met twee ernstige en warm publieke vergaderings in onderskeidelik Gansbaai en Pearly Beach waar me Beverley Schäfer, Wes-Kaapse Provinsiale verteenwoordiger en voorsitter van die staande komitee vir Ekonomiese Aangeleenthede, Toerisme en Landbou, ‘n baie belangrike rol gespeel het. Me Schäfer is ‘n kampvegter vir die stryd teen perlemoenstropery en uiters kundig op die gebied. (Gansbaai Courant 17 November 2016). Die genoemde brigadier Heilbron, Groepbevelvoerder SAPD Overberg en verskeie ander belanghebbende polisiebeamptes was ook teenwoordig. Hulle was behoorlik op die rooi tapyt met inwoners wat lankal warm onder die kraag is weens die klaarblyklike verlore stryd teen perlemoenstropers.
Neville Michaels, direkteur veiligheidsdienste van die Overstrand Munisipaliteit het daardie aand gesê dat sy departement ‘n beleid van geen tolleransie in hul jurisduksiegebied sal handhaaf. Vandaar die toename in sigbare polisiëring in Gansbaai.
Arrestasies
Gansbaai SAPD het bevestig dat nog arrestasies mag volg na aanleiding van valse verklarings aangaande die verkragtingsake. Die ver-klarings is reeds by die Senior Aanklaer in Hermanus ingehandig.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...