Moordsaak geopen na bylaanval op Remhoogte se Patrick

Moordsaak geopen na bylaanval op Remhoogte se Patrick

Gansbaai Courant

‘n Vrou wat na bewering nie seker was of sy haar minnaar vir dood of vir lewe agtergelaat het nie, het sy selfoonnommer geskakel kort nadat sy van die bebloede toneel af weggehardloop het. Die voorval het in die vroeë oggendure van 4 Desember 2016 op die plaas Remhoogte van Ben en Sarie Uys in die Baardskeerdersbosomgewing plaasgevind.

Jacolene Uys, die Uys-gesin se dogter, het tydens ‘n onderhoud met die Gansbaai Courant vertel dat hulle die Sondagoggend van die 4de Desember 2016 omstreeks 05:00 wakker gemaak is deur van hulle plaaswerkers. Die gesin het na die toneel gehaas. Bloedmerke en –spore vanaf die voorste trap van die huis tot by die bed van een van hul plaaswerkers, was die stille getuienis van ‘n tragiese voorval wat hom daar afgespeel het. 

Die 49-jarige plaaswerker, Lundi Tshayinca (ook bekend as Patrick) is vermoedelik met ‘n mes bygekom en daarna aan weerskante van sy kop met ‘n byl gekap.

Dit blyk dat hy en sy vriendin stry gekry het en in ‘n struweling betrokke geraak het.

Die vriendin, Angelina Louw (31) het die afgelope sowat ses maande periodiek by hom  op die plaas ingewoon.

‘n Werker by die melkery, Flip  Pieters, vertel dat hy die oggend gesien het hoe  Patrick op ‘n bank voor sy huis gesit het en kort daarna met moeite die huis binne gestrompel het.

Kort daarna het die vermeende aanvaller by die melkery ingestorm en ge-skree dat Patrick beseer is en dat ‘n ambulans ontbied moet word.

Die vrou het weggehardloop met ‘n rugsak vol kruideniersware op haar rug.

Met die gesin se aankoms het  hulle  die  bebloede  Patrick op sy bed aangetref met diep krapmerke aan albei kante van sy kop en gesig.

Hulle het dadelik die Provinsiale Ambulansdienste en Gansbaai SAPD in kennis gestel.

Patrick is in Hermanus Provinsiale Hospitaal gestabiliseer, waarna hy na Tygerberg Hospitaal oorgeplaas is.  Hy is later die dag breindood verklaar.

‘n Geregtelike doodsondersoek (GDO) is gelas vir verdere ondersoek, wat later gewysig is na ‘n Klag van Moord.

Inligting het die plaaslike speurders na Masakhane gelei, waar sers Tsoanan Yana en konst Mpono, Louw dieselfde dag van die aanval gearresteer het.

Die verdagte het Woensdag, 7 Desember 2016 in die hof op Bredasdorp op ‘n klag van moord verskyn.

Moordsaak geopen na bylaanval op Remhoogte se Patrick

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant