Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Regte egte sirkustent – dít is waaruit die kleuters verbonde aan De Kleine Gansies Kleuterskool hul verversings vanjaar verkoop het. Die vrolike gedoente was deel van hul jaarlikse konsert met ‘n karnavaltema.
Hierdie jaarlikse hoogtepunt sorg ook vir baie vermaak wanneer die kleingoed goedsmoeds vir hul ouers en oupas en oumas van die verhoog af waai.
Die ander groot gebeurtenis was die Gr RR’e wat hulle diplomas ontvang het om volgende jaar as Gr R’e na die “groot” skool oor te skakel.
Al dié opwinding het Dinsdag, 22 November 2016 in die Pretoriussaal plaasgevind.
Die 2016 beheerliggaam in samewerking met Lee-Anne Potgieter het besluit dat ‘n karnavaltema perfek sal wees om die skool se dertigste bestaansjaar te vier.
Tipiese karnaval lekkernye, soos springmielies, spookasem, draairoomys en worsbroodjies is vanuit die Gansies se “sirkustent” verkoop.
Altesaam nege skreeusnaakse konsertitems is op skatlike kleuterwyse opgevoer: Paddas kwaak en I'd like to move it move it (2-3 jariges); Ek ry met die trein en Nommers (3-4 jariges); Popcorn en Briljantjies ala DJ Ossewa styl (4-5 jariges); Gangnam style (al die seuns); My boy lollipop (al die meisies); Die sirkus (al die kleuters).
Die aand is vrolik afgesluit met voorlesings van pittige sêgoed wat dwarsdeur die jaar versamel is vanuit die “finale jaars”-geledere .
Die interim beheerliggaam vir 2016 is onlangs verkies: Johan Gericke (voorsitter), Jolandi Oosthuizen (vise-voorsitster), Annetjie Bauermeister (sekretaresse) en Elzanne Bosch (tesourier). Addisionele bestuurslede is: Juanita Hage, Madelein Swart, Moricco Rudman, Norman Stevens, Sarel Fourie en Theuns Otto.
‘n Nuwe 2017 beheerliggaam sal vroeg in Januarie gekies word.
De Kleine Gansies se staatmaker skoolhoof, Lanita Marais, behartig steeds die daaglikse bedrywighede van die kleuterskool.
(Foto’s: Tracy van der Linde)
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...