Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Gansbaai se Goue Hande kan met reg as Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) se ‘fondament’ beskou word.
Hulle het HaS se inwoners weer vanjaar bederf met ‘n Kersfunksie op Woensdag, 30 November.
HaS se inwoners het hartlik saam Kersliedere gesing. Lede van Goue Hande het tussen die bejaardes stelling ingeneem om te help noot hou. Aletta Lochner het die groep op die klavier begelei.
Goue Hande het spesiaal Hoor die Blye Engele Lied vir hulle gesing voordat daar gesellig saamgekuier en geëet is .
In 2014 is Goue Hande deur Badisa as die “Vrywilligersgroep van die Jaar” aangewys - voorwaar ‘n welverdiende prestasie.
Die sameroeper, Francia van Dyk, vertel dat ‘n groep dames sowat een en twintig jaar gelede die gedagte van groter diensbaarheid teenoor HaS bespreek het.
Die woord is by die daad gevoeg en op 18 Mei 1995 het vier en veertig belangstellendes vir die eerste amptelike vergadering by HaS bymekaargekom.
‘n Kompetisie vir ‘n geskikte naam is uitgeskryf en Doreen Schwartz, HaS se voor-malige kok, het die naam “Goue Hande” voorgestel, wat aanvaar is.
Doreen het op 28 Februarie 2015, ná 40 jaar diens, by HaS afgetree.
Goue Hande se dienste en ondersteuning aan HaS het al wyer en wyer begin strek en tans word ‘n groot hoeveelheid projekte en dienste ten bate van HaS se inwoners aangebied.
Enkele voorbeelde hiervan is die jaarlikse HaS Basaar, fondsinsamelingsprojekte, ‘n haarsalon, voet- en naelversorging, speletjiesdae, oefeninge, binnenshuise wintersportdae, spesiale funksies en vele meer liefdesdade.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...