Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark het van ‘n nederige begin in ‘n klein plekkie gegroei tot ‘n organisasie wat sy sout werd is.
Ikamva is ‘n Xhosa-woord wat “die toekoms” beteken en dít is presies waarop daar gefokus word - die toekoms van die jeug.
Die bestaande bestuur, onder leiding van Jolande Sauls, Bestuurder: Ikamva, het onlangs besluit om ‘n stap verder te gaan. “Ons het uitnodigings aan verskeie gemeenskapslede in professionele beroepe gestuur en die wat reageer het, dien nou op die groter bestuur,” het Jolande gesê.
“Gemeenskapslede wat nou by ons aangesluit het, is Tommy Wilson en Anneri Harding-Male van Gansbaai Academia, Mauritz du Plessis van CM du Plessis Rekenmeesters, Nadia van der Merwe van I & J Perlemoenplaas en kaptein Mark Africa van Gansbaai SAPD.”
Die volledige (vergrote) bestuur vir 2017 is: Jolande Sauls (Bestuurder: Ikamva); Moira Opperman (voorsitter); Anneri Harding-Male (ondervoorsitter); Eliza Felix (sekretaresse); Nadia van der Merwe (hulp-sekretaresse); Carol Valentine (tesourier); Mauritz du Plessis, (finansies); Rialet Wood (maatskaplike werker); Helena Geldenhuys (verpleeg-koördineerder); Tommy Wilson (lid); Mark Africa (lid); Mecia May (lid); Norman Sauls (lid).
Afwesig tydens fotosessie: Carol Valentine, Eliza Felix, Mark Africa, Moira Opperman en Tommy Wilson.
“Die bykomende bestuurslede vanuit professionele kringe sal ons beslis met groter magte beklee om ons doelwitte te bereik,” het Jolande gesê.
Aanvanklik het Ikamva net in Blompark onder die jeug gewerk, maar mettertyd het hul fokus verskuif na die Groter Gansbaai, Beverley Hills, Masakhane, Pearly Beach, Stanford, Buffeljachts en Baardskeerdersbos.
Ikamva se hoofdoelwit is die bemagtiging van die jeug en vroue, asook om alle vorme van misdade soos perlemoen-smokkel, dwelm- en alko-holverslawing, tienerswanger-skappe en ander misdade onder die jeug te beveg.
Vir navrae kan Jolande Sauls by 072 453 8065 of 028 384 2144 gekontak word.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...