Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die bootkampioen en kampioen-bemanning (2016) van die Birkenhead Boothengelklub, het Saterdag, 3 Desember 2016, die eerste kompetisie vir 2017 se boothengelstryd, weer as “kampioene” begin.
Ben Uys, skipper van Oupa, en sy bemanning, Danie Fourie en die klub se twee juniors, Hennie Groenewald en JP Uys, het weer as wenners uit die stryd getree.
Hierdie boothengelspan was gedurende die jaar agter in die ry, maar het met 2016 se laaste boothengelkompetisie se geelbekvangstes stof in almal se oë geskop.
Vier bote het ingeskryf en al vier het ingeweeg. Die aantal bemanning was veertien, waarby die twee juniors ingesluit was. Ses verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was nege en tagtig.
Die totale vismassa was 63.3 kg, wat ‘n gemiddeld van 10.13 kg per hengelaar beteken.
Volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Ben Uys (rooi roman - 2.15kg); tweede swaarste vis, JP Uys (silvervis - 1.55kg); swaarste sak (9.85kg), Ben Uys; tweede swaarste sak (9.9kg), Danie Fourie; swaarste bootgemiddeld (8.34kg), Oupa van Ben Uys; tweede swaarste bootgemiddeld (4.48kg), Bella Me van Bev Swart; Junior swaarste sak (7.5kg), JP Uys.
Die eerste drie voorlopers vir 2017 is:
Bootkampioene - Oupa (8.34kg) van Ben Uys, Bella Me (4.78kg) van Bev Swart en Nkwasi (4.05kg) van Walter Mapham; Mans Visvangkampioene - Ben Uys (9.85kg), Danie Fourie (9.0kg) en Piet le Roux (5.60kg); Junior Visvangkampioene - JP Uys (7.5kg) en Hennie Groenewald (7.0kg).
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...