‘Stropers ingeryg soos sardientjies’

‘Stropers ingeryg soos sardientjies’

Gansbaai Courant

‘n Kleinbaai-afgetredene, wat nie sy naam bekend wil maak nie, het  verlede Donderdag, 8 Desember 2016, by die hawe gaan stap en onwetend midde in ‘n “perlemoen-arrestasie” beland.

‘n Ander man, in privaatdrag, het hom aangesê om pad te gee, want “hy is op die verkeerde tyd op die verkeerde plek”.

Die Kleinbaai-man het opgemerk dat daar mense wat soos sardientjies ingeryg is, met hul gesigte na onder  op ’n boot se boeg lê.  Hy het ook ‘n rubberboot opgemerk met ‘n enjin wat flenters geskiet is.

Hy het besef dat hy moet padgee toe hy  twee mans met haelgewere opmerk en hulle as beamptes van See-visserye herken het.

‘n Onbekende vrou het aangestap gekom en ‘n opmerking gemaak:  “Die vark is ook tussen hulle”.

‘n Regeringsbakkie het nadergetrek om die vermeende stropers op te laai.  Die Kleinbaai-man vertel dat een van hulle definitief gewond was.

Arrestasies

Die plaaslike SAPD media-beampte het intussen bekend gemaak dat agt mans op 8 Desember 2016 om 10:30 naby Dyer-eiland gearresteer is.

Hulle is vir “duik in ‘n ongemagtigde area”, asook “in besit van ongemagtigde toerusting” gearresteer.

Beamptes van Seevisserye het drie rubberbote in die omgewing van Dyer-eiland opgemerk en probeer aankeer.

‘n Jaagtog op see het ontstaan, terwyl gesien is hoe sakke met vermoedelik perlemoen daarin in die see gegooi word.

Die beamptes het daarin geslaag om een boot aan te keer. 

Agt vermeende perlemoenstropers is in hegtenis geneem.

Die tweede boot kon nie opgespoor word nie en die derde een is verlate by Buffeljachts gekry.

Daar is op beide bote beslag gelê en dit word op die oomblik by Gansbaai SAPD gestoor.

Die agt aangeklaagdes het Maandag, 12 Desember 2016 in die hof op Bredasdorp verskyn.

‘n Klag van poging tot moord is intussen by die Hermanus SAPD teen ‘n regeringsbeampte gelê.

Die saak word ondersoek.

‘Stropers ingeryg soos sardientjies’

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant