Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die laaste Sloegterswedstryd van die jaar is Woensdag gespeel. Die wenner was Dawie Viljoen met 44 punte, gevolg deur Charlie Bent 40, Johan Coetzee 38, Neil Harrison 38, Piet du Toit 38, Daan Victor 37, George Hunt 36, Solly Wessels 35, Hugo Groenewald 35 en Sextus Neethling 34.
Naaste aan die penne was Johann Kruger op no’s 2 en 11, Sextus Neethling op no’s 8 en 17 en Steve Muller op no 15.
Spog Twee's word aangeteken deur Daan Victor op no 11 en Sextus Neethling op no 8. Tydens hierdie geleent-heid het die jaarlikse prys-uitdeling vir die Sloegters- en Uitklopkompetisies plaasgevind. Dit was 'n taai jaar van oefen en nogmaals oefen, en die uiteindelike Sloegterskampioen is George Hunt met 602 punte. Tweede was Charlie Bent met 592, gevolg deur Johan Coetzee 574, Solly Wessels 573, Sextus Neethling en ET Engelbrecht 565, André Roos 559, Daan Victor 558, Dick de Kock 555, Johann Kruger 550, Steve Muller 544.
Die Uitklopkompetisie wenners is: Enkels - Dick de Kock; Pare - Dick de Kock en Richard Benz; Foursomes - Dick de Kock en Richard Benz; Gemengde Pare - Gina Esterhuizen en Johan Pie-terse; Scramble - Lieb Louw en Jakkie Beukes.
Vrydag se OK Foods 9-putjiekompetisie is gewen deur Jakkie Beukes met 20 punte, gevolg deur Lambert Smith 20, Melvin Tobias 19, Solly Wessels 19, Hennie Kriel 18. Richard Benz was naaste aan die pen op no 2.
Saterdag het 36 spelers aan die Gansbaai Holiday Classic, geborg deur die Nie-Rokers, deelgeneem.
Die formaat was 'n 4BBB Alliance Stableford, en die wenners was Frikkie van Eeden, Melvin Tobias, Cedric Whittal en Richard Benz met 92 punte. Tweede was Daniel van der Merwe, Francois van der Merwe, Lieb Louw en Jakkie Beukes 89, gevolg deur Dirk van Dyk, Solly Wessels, ET Engelbrecht en El Matthee 88. Naaste aan die penne was Francois van der Merwe op no’s 2 en 11, Malcolm Bury op no’s 8 en 17 en Leon Hattingh op no 15.
Spog Twee's word aangeteken deur Daniel van der Merwe (2), Francois van der Merwe (2), Solly Wessels (2) en Malcolm Bury (8). Charlie Bent het drie onder baansyfer gespeel en 67 bruto.
Saterdag vind die Herberg-aan-See Gholfdag plaas en die formaat is 'n 4BBB Stableford.
Johan Coetzee
082 878 0534
gbgholf@gmail.com
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...