Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die eerste reaksie van ‘n motoris wanneer hy deur ‘n verkeersman voorgekeer word, is óf ‘n bekommerde gesig óf ‘n ernstige frons óf ‘n ongemaklike houding oor die ongerief wat hom aangedoen word.
Dit was ook nie anders by vanjaar se ‘vriendelike padblokkades’ wat verlede Donderdag, 15 Desember voor die polisiestasie op twee verskillende tye plaasgevind het nie.
Wanneer die motoris met ‘n breë glimlag en ‘n “goeie middag en welkom in Gansbaai” begroet word, volg verbasing. Wanneer ‘n ‘welkompakkie’ boonop oorhandig word, voel ons gaste sommer dadelik dat Gansbaai die plek is om hierdie Desembervakansie deur te bring. Die mense hier is vriendelik en ‘anders’.
Raadsheer Dudley Coetzee, Overstrandse Uitvoerende Onderburgemeester, het Donderdag vanaf 14:00 in die snikhete son, die eerste ‘vriendelike padblokkade’ beman. Hy het ingestaan vir die Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Rudolph Smith.
Later die middag, om 15:00 is ‘n tweede ‘vriendelike padblokkade’ deur die vrolike span van Gansbaai Toerisme beman. Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, Doulene Els en Akhona Jordaan het die verwelkoming en uitdeel van die pakkies hanteer.
Hulle ander kollega, Maureen Valentine, moes die toerismekantoor beman, maar haar twee flukse kinders, Megan (18) en Curt-Lee (14) Valentine het vir hul ma ingestaan en ewe vriendelik die dorp se besoekers verwelkom en pakkies uitgedeel.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...