Veiligheidswenke

Veiligheidswenke

Gansbaai Courant

Al is u met vakansie - misdaad is oral - wees ALTYD paraat en veiligheidsbewus.

Indien u enige verdagte insidente gewaar,  skakel:

SAPD 10111 of 028 384 0201;
Secma  028 384 2911;
Safe 028 384 1900.

Waardevolle items soos kameras, skootrekenaars, selfone, juweliersware, beursies en handsakke moet op veilige plekke gehou word - nie naby oop vensters of deure nie.

Alarms moet aktiveer word as u nie tuis is nie en snags “bypass” vertrekke waar u moontlik gaan beweeg.

Onder geen omstandighede moet sleutels in deure gelaat word wat oopstaan nie, dit geld vir voertuie ook.

Maak seker u druk die regte knoppie op u alarm- of motorhuis “remote” om te verhoed dat u motorhuisdeur oopgaan wanneer u dink u aktiveer u alarm.

Indien u gesellig verkeer soos om die braaivleisvuur voor of agter u woning, sluit die veiligheidshekke en -deure aan die voorkant of agterkant en maak vensters sonder diefwering toe.

Dubbelverdiepings - onthou dit verhoed nie dat misdaad gepleeg word nie - maak skuifdeure en vensters sonder diefwering steeds toe.

Voertuie wat buite parkeer word moet geen items soos visstokke, gereedskap, fietse en dies meer daarin gelaat word nie. Dit lok misdadigers. Sluit altyd u motor.

Hou deurgaans by Munisipale reëlings dat vullissakke eers op die spesifieke dag van verwydering uitgesit word. Indien moontlik, neem dit saam wanneer u vertrek, aangesien daar mense is wat rondloop en in sakke krap. Dit bring mense onnodig na ons woonbuurte.

Sorg dat u huis duidelik sigbaar is. Dit maak dit makliker vir patrollielede van die onderskeie Buurtwagte om verdagtes raak te sien.

Probeer om buiteligte saans by u huis aan te skakel vir makliker identifisering van verdagte bewegings.

Veiligheidswenke

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant