Manuel en Belia lei Kerssangdiens

Manuel en Belia lei Kerssangdiens

Gansbaai Courant

Bekende Suid-Afrikaanse sanger, Manuel Escorcio en sy sangmaat Belia Lourens, het Sondagaand, 18 Desember Pearly Beach NG-gemeente se Kerssangdiens op ‘n ietwat ongewone wyse gelei.

Heelwat vertellinge en ook humor het gemaak dat dit ‘n anderse, maar interessante Kerssangdiens was.

Manuel en Belia het die verrigtinge met die sing van die Onse Vader geopen, soos net hulle dit kan sing. Daarna is hulle sang, gesamentlik en afsonderlik, met gemeentesang afgewissel.

Franskraal se bekende skrywer, SD Fourie, het die voorlesings hanteer, soos  Dis Kersfees, Die Kerstyding en Kersliedjie van DJ Opperman.

Die kerkverrigtinge is afgesluit deur al die ligte af te skakel, waarna ‘n groep kinders die kerk met brandende liggies binne gestap het.

Na afloop van die verrigtinge het SD ‘n eksemplaar van die Gansbaai Gedenkboek, waarvan sy een van die skrywers was, aan Manuel en Belia as ‘n blyk van waardering oorhandig.

Belia  het vertel dat sy ‘n oud-Gansbaaier is en dat Manuel se oupa op sy beurt ‘n visserman was, wat die Gansbaai Gedenkboek des te meer kosbaar vir hulle maak. “Dieselfde geld vir die pragversierde kerkgebou met die seetonele en tema as Hawe van God se Genade,” het sy gesê. “Vele gebeurtenisse en gedagtes is by ons in herinnering geroep.”

Daarna is daar gesellig saamgekuier en geëet.

‘n Hoogtepunt vir die jongklomp wat aan die verrigtinge deelgeneem het,  was die spesiale kindertafel wat gekreun het onder die lekkernye.

Manuel en Belia lei Kerssangdiens

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant