Wie se been lê op begraafplaasmuur?

Wie se been lê op begraafplaasmuur?

Gansbaai Courant

Ek het onlangs, soos die gebruik is, met my Jack Russel verby die ou begraafplaas gaan stap en ‘n vreemde voorwerp op die ringmuur gesien. By nadere ondersoek het ek gesien dit is ‘n verweerde stuk been, vermoedelik van ‘n dier, met ‘n lengte van ±20.5cm, ‘n middelomtrek van ±15cm en aan die een punt ‘n omtrek van ±30cm en die ander punt ±26.5cm.

My vermoede was dat ‘n munisipale werker gras gesny het en die been op die ringmuur geplaas het.

Vir ‘n leek op hierdie gebied, het ek gewonder of dit ‘n ledemaat van ‘n renoster kon wees, maar verneem graag of ‘n kundige op hierdie gebied meer inligting kan verskaf.

Tex Ritter

Redaksionele kommentaar: Foto’s van die verweerde been is aan  dr Graham Avery (MRSSAf) gestuur om kommentaar daarop te lewer. Dr Avery het die volgende kommentaar gestuur: “Images are difficult, but from the size and shape I’d say it is a young bovine (cattle). It’s definitely not human.”

Wie se been lê op begraafplaasmuur?

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant