IMMANUEL! GOD by ons!

IMMANUEL! GOD by ons!

Gansbaai Courant

“Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam beteken GOD by ons.  (Mat 1:21-23)

Kom ek vertel jou eens en vir altyd die grootste geheim oor Kersfees: GOD wat deur die eeue en deur die meeste mense as ’n ver af GOD gesien was, ’n GOD wat nie regtig in ons deurmekaar wêreld wou woon nie. Hy, die Skepper van hemel en aarde, die Begin en Einde

van alles, waarsonder niks kan bestaan of kan voortgaan nie – ja, die Ewige en Almagtige is NOU hier tussen ons! Hy woon in jou hart en in jou huis – in ons daaglikse wêreld! Kersfees gaan nie oor geskenke nie. Nog minder oor lang vakansies of lekker groot Kersfees-maaltye. Ook nie oor jou en my begeertes of wense nie. Kersfees gaan oor die grootste wonder van alle tye!

Het jy hierdie wonderwerk al in jou lewe ontdek? Kan jy buite na die sterre staan en kyk en weet: GOD is nie só ver van jou af soos die verste ster nie, maar binne-in jou hart? Kan jy die wind hoor waai en weet: GOD se Gees waai in jou lewe in en maak jou ’n nuwe mens?

Kan jy na ’n klein babatjie kyk en weet: Jesus het ook so gelyk omdat Hy naby jou wou kom bly? Kan jy die seerste pyn en ongeluk ervaar en weet: Jesus is saam met jou en Hy verstaan jou seerste seer! Kan jy in die donkerste tye van jou lewe rustig raak en weet: Hy, die Lig van hierdie wêreld verlig jou toekomspad en stap saam met jou deur elke donker nag!

Dan, my geliefde, het jy die geheim ontdek van Kersfees: GOD is met jou! Op hierdie oomblik! Mag jy elke dag van nou af Kersfees beleef: GOD in jou! GOD by jou! GOD met jou!

IMMANUEL! GOD by ons!

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant