Van plan om 2017 met ‘n knal te begroet?

Van plan om 2017 met ‘n knal te begroet?

Gansbaai Courant

Maak dan seker jou vuurwerke voldoen aan openbare regulasies.

Soos gebruiklik, is Overstranders gaande daaroor om die nuwe jaar met ʼn knal te begroet. Gegewe die omgewing se kwesbare aard, het brandweerhoof Lester Smith dit nodig geag om ʼn spesiale woord van waarskuwing te rig: Chinese lanterns en noodfakkels mag glad nie afgevuur word nie, aangesien dit moeilik is om te voorspel waar hulle dalk te lande kan kom, en om daardie rede kan die waarskynlikheid van ʼn brand en moontlike lewensverlies, nie uitgesluit word nie.

Smith doen ʼn algemene beroep op inwoners om versigtig en bedagsaam te wees wanneer vuurwerke gebruik word en wys in die besonder daarop dat daar na troeteldiere omgesien moet word: “Soos baie troeteldiereienaars maar al te goed weet, kan vuurwerke en donderstorms geweldige stres by sommige diere veroorsaak. Tydens feesvierings moet diere liefs binnenshuis gehou word; dit is ook raadsaam om die gordyne toe te trek en die televisie of radio aan te skakel om troeteldiere se aandag af te lei," raai Smith aan.

Uitsonderings

Ingevolge artikels 54 tot 56 van die munisipaliteit se verordening insake gemeenskapsveiligheid, word georganiseerde vuurwerke/ vuurwerkvertonings beperk tot tradisionele plekke en sal slegs met die vergunning van die brandweerhoof toegelaat word.

Tot dusver is slegs een só ʼn aansoek ontvang en goedgekeur, naamlik dié van Birkenhead House (Voëlklipstrand).

Die brandweerhoof het aangewese plekke op strande binne die gebied goedgekeur waar vuurwerke tussen 23:00 en 01:00 op Oujaarsaand toegelaat sal word. Inwoners hoef dus nie om toestemming aansoek te doen om vuurwerke op die volgende strande te gebruik nie:

Oostelike gedeelte van Grotto-strand (naby mond van strandmeer);

Hawston-strand (nie die kampeerterrein of parkeerarea of die hawe nie);

Uilenskraalmond -strand;

Stanfordbaaistrand (De Kelders), en

Kleinmond se hoofstrand.

Alle vuurpyle en vuurwerke wat lug langs afgevuur word, moet oor die see afgevuur word om die moontlikheid dat hulle in fynbos en/of in die berge te lande kan kom, te verlaag.

Tel asseblief alle gebruikte vuurwerk op en hou dit buite bereik van kinders. Voorts maan Smith dat mense die instruksies moet lees wat elke vuurwerk vergesel; nooit brandende klappers/vuurwerke moet gooi nie; altyd ʼn hele entjie moet weg staan; nooit na ʼn vuurwerk moet terugkeer nadat dit aangesteek is nie, omdat dit in ‘n mens se gesig kan ontplof; vuurwerke altyd oorgenoeg ruimte moet gee om te ontplof; vuurwerke slegs in ʼn oop ruimte moet aansteek.

Om vuurwerke vanaf enige ander plek (jou agterplaas ingesluit) en op enige ander tyd af te vuur, sal ʼn swaar boete tot gevolg hê. Jy kan maar weet dat wetstoepassingsagentskappe beslis gaan optree teen enige persoon wat hom/haar onverantwoordelik gedra of die voorgeskrewe wetgewing oortree.

Ten laaste, wees asseblief bedagsaam! As almal by die vasgestelde terreine en tye hou, kan kwade gevoelens tussen bure en die angs wat hierdie gebruik vir sommige diere veroorsaak, tot die minimum beperk word.

Enige spesiale versoeke rakende vuurwerkvertonings en/of ander navrae kan gedurende kantoorure gerig word aan die brandweerhoof by 028 313 8980.

Van plan om 2017 met ‘n knal te begroet?

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant