Vissers sê dankie

Vissers sê dankie

Gansbaai Courant

Die jaarlikse vissermans dankseggingsdienste wat gesamentlik deur alle denominasies in Gansbaai hawe aangebied word,  speel ‘n groot rol in Gansbaai se vissersgemeenskap.

Tydens dié diens word dankie gesê vir ‘n goeie oesjaar op see, asook die veilige bewaring van die skepe en bemanningslede.

Onder begeleiding van die Gansbaai AGS-gemeente se orkes en koor het die lofliedere in Afrikaans en Engels elkeen teenwoordig, diep geraak.

Die begeleiers was Robert Johnson, pastoor Beryll Coetzer, Mariëtte Zeelie, Mike Schröder, Ben Smith en Adri Ehlers.

Na afloop van die musikale lofprysing, het pastoor Frikkie Zeelie van die AGS-gemeente en ds Deon Kloppers van die O.M.G.E.E. gemeente  die toehoorders onderskeidelik in Afrikaans en Engels bedien. 

Altwee leraars se boodskappe het die klem geplaas op God se voorsiening wat op die regte tyd plaasvind – ook almal se veiligheid op see, maar ook dat Hy te alle tye geken moet word.

Pastoor Zeelie sorg  elke jaar na afloop van die hawediens dat die kinders bederf word met lekkernye. Vanjaar was dit Flippie Otto se beurt om die lekkernye uit te deel.  Die opgewondenheid en breë glimlagte van die jongklomp dra altyd by tot die feestelike atmosfeer op die hawe.

Die jaarlikse Vissermans Verootmoedigingsdiens vir die nuwe visvangseisoen, sal  Sondag, 15 Januarie 2017 om 19:00 in Gansbaai hawe aangebied word.

Vissers sê dankie

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant