Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Woensdag se Enkel Stableford kompetisie is gewen deur WJM Roberts met 52 punte, gevolg deur Piet du Toit 42, Steve Muller 40, Etienne Engelbrecht 40, Dawie Viljoen 38, Charlie Bent 38, Johannes van der Walt 38, El Matthee 38, Leon Hattingh 37, George Hunt 36. Naaste aan die penne was Hennie Walters op no’s 2 en 11, L Sandersen op no’s 8 en 17 en P Sanderson (Jnr) op no 15.
Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is gewen deur F van Eeden met 25 punte, gevolg deur ET Engelbrecht 19, E Engelbrecht 19, Daniel van der Merwe 18.
Spog Twee’s word aangeteken deur ET Engelbrecht (15 en 11), F van Eeden (17) en Daniel van der Merwe (18). Frikkie van Eeden was naaste aan die pen op no 17.
Saterdag het 52 spelers aan die Herberg-aan-See Gholfdag deelgeneem.
Francis Strydom en haar span het ‘n heerlike ontbyt voorgesit en ook na die wedstryd gesorg vir worsbroodjies – alles met die komplimente van ons plaaslike OK Foods. Die kompetisie was ‘n 2-Bal Samespel Stableford en die wenners vir die dag was Francois van der Merwe en Lieb Louw met 51 punte, gevolg deur Etienne Engelbrecht en E Engelbrecht (Jnr) 46, Louis van der Vyver en Pierre Lombard 46, Andre Roos en Sextus Neethling 45, M Rossouw en AC van der Westhuizen 45, Daniel van der Merwe en Jakkie Beukes 44, Leon Lombard en Frikkie van Eeden 44, Deon Coetzee en Dirk van Dyk 44, Neil Harrison en Charlie Bent 44, Melvin Tobias en El Matthee 44. Naaste aan die penne was Daniel van der Merwe op no’s 2 en 11, Tonie Erasmus op no’s 8 en 17 en P Wagenaar op no 15. Ons opregte dank en waardering teenoor elkeen wat hierdie fondsinsameling ten bate van Herberg-aan-See ondersteun het. Dit was ‘n reuse sukses.
Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n Enkel Stableford. Moet dit nie misloop nie – daar is baie pryse om te wen.
Woensdag (28ste) word die Interdorp gespeel en Donderdag is daar die 2-Bal Samespel Stableford waar spelers die beste dryf kies.
Die komitee wens al ons lede en besoekers ‘n Geseënde Kersfees toe.
Johan Coetzee
082 878 0534
gbgholf@gmail.com
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...