Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die 15-jarige Iwhan van der Merwe wat as klein tjokkertjie op Pearly Beach se strand begin hengel het, het verlede week ‘n nuwe Suid-Afrikaanse varswaterhengelrekord opgestel toe hy ‘n bielie van ‘n barber uitgetrek het. Die barber het die skaal op 18.97 kg getrek.
Iwhan het die Westelike Provinsie verteenwoordig by die SA Varswater Hengelkampioenskappe wat gedurende 12 en 14 Desember by Bloemhofdam aangebied is.
Hy is ‘n lid van die Paarl Varswater Hengelklub en dit is die tweede keer dat hy aan die nasionale kompetisie deelneem.
Die omstandighede was maar moeilik, maar die WP-spannetjie het hulle harte uitgehengel.
Op die tweede dag van die kampioenskappe was Iwhan se eerste vis van die dag ‘n 8kg barber, wat op sigself vir sy ouderdom ‘n groot prestasie is. Daarna vang hy ‘n bielie van ‘n karp (6.7kg). Toe byt die ou grote en sy katrol “hardloop weg”. Na 20 minute se gespook en spartel, sleep hy eiehandig die vis uit - ‘n allemintige 18.97 kilogram barber. Voor die prysuitdeling is vasgestel dat die barber ‘n nuwe Ope Suid-Afrikaanse rekord is.
Iwhan het medaljes vir die grootste barber, asook vir ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord ontvang – ‘n skrale 0.4 gram onder die algehele rekord.
Iwhan is ‘n graad 10 leerder aan die Hoërskool Gimnasium in die Paarl.
Sy oupa en ouma, Johan en Maria Slabbert, asook sy ouers hou al vir jare vakansie op Pearly Beach in die "bungalows". “Iwhan kuier al van kleinseuntjietyd vakansietye saam met sy grootouers en familie hier en die visvanggogga het hom al gebyt toe hy maar so 'n ou klein tjokkertjie was,” vertel sy tannie, Helena Venter van Pearly Beach.
“Eers het jy die klein seuntjie met die visstok op die rotse gesien staan - enige tyd, vroegdag, laatdag en soms heeldag en nou sien jy die ervare jong hengelaar steeds op dieselfde rotse, aangesien hy net so ‘n kranige seehengelaar is as ‘n varswaterhengelaar.”
Sandrie Wessels en Dirk Lourens, altwee welbekende varswaterhengelkampioene van Perlemoenbaai, vertel dat hulle Iwhan sowat drie jaar gelede as ‘n seuntjie met ‘n passie vir hengel langs ‘n dam ontmoet het.
“Die afgelope drie jaar het ons hom voluit ondersteun en bygestaan en het ons gesien hoe uitstekend hy as ‘n varswaterhengelaar ontwikkel.
Vandag is almal van ons by die Disa Fishing Span baie trots op hom en wens hom graag geluk met sy uitsonderlike prestasies.”
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...