Vrolikheid by Uilkraal se poeierstrand

Vrolikheid by Uilkraal se poeierstrand

Gansbaai Courant

Die pragtige, skoon strande wat die Overstrand bied, word op die oomblik goed benut deur vakansiegangers wat vlug van die dolle gejaag tussen verkeer, verpligtinge en geboue. 

Hier kan jy met jou hond kom stap, vir kilometers aanmekaar fietsry,  jou verroeste hengelvernuf opskerp en die groot oseaan aandurf met ‘n plank, ‘n boot of paddaskoene – in kort:  Dit is oase van genot!

Uilenkraalsmond is die ideale plek om jou jaar mee af te sluit.  Riette Venter van Rustenburg en Monica Hayes het gaan foto’s neem. 

Die twee manne wat so lekker baai in die son, is onbekend, maar Nolene Kini van Richmond  vertel dat dit hulle eerste vakansie in Gansbaai is.  Hulle is verlief op die plek en gaan vir twee weke tuis in ‘n vakansiehuis in Kleinbaai.  Op die oomblik kyk hulle uit vir ‘n erf om te koop, want hulle wil vir die res van hul lewens hul twee weke vakansie hier kom spandeer.  Die besige twee seuntjies op die voorgrond is haar seuns, Ethan en Angelo.  Shaun October, ‘n familie-vriend vanuit Victoria-Wes staan links met Akhona Kili, Nolene, Zelda October en Shane October regs.

Vrolikheid by Uilkraal se poeierstrand

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant