Merke, gereed - Ons oë is op Jesus gerig

Merke, gereed - Ons oë is op Jesus gerig

Gansbaai Courant

“Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rond-om ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.” (Heb 12:1,2)

Die skoot het geklap! Die nuwe jaar het begin! Ons is almal in die groot wedloop van 2017!

Maar die groot vraag bly: Hoe moet ons hierdie jaar aanpak sodat ons meer en meer binne die wil van die HERE leef? Hoe hardloop ’n Christen die wedloop van die lewe?

Kom ons laat weer eens toe dat GOD se Woord ons in alles lei. Hierdie artikel word nie verniet genoem: “Uit die Woord” nie.

As ons ons lewe elke dag inrig volgens GOD se Woord en Sy voorskrifte, sal ons gou agterkom dat Psalm 37:3-5 só waar is:

“Vertrou liewer op die HERE en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.

Vind jou vreugde in die HERE, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die HERE oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.” Ons almal wat in die wedloop van die lewe deelneem moet die volgende doen na aanleiding van Hebreërs 12:1,2:

Let mooi op hoe gelowiges van vroeër geleef het. Daar is baie voorbeelde van manne en vroue in die Bybel wat deur die moeilikste omstandighede gegaan het en steeds hulle geloof behou het. Hoe meer jy jou Bybel lees hoe meer sal jy agterkom GOD is naby dié wat in Hom bly glo.

Verwyder alle laste wat jou lewe moeiliker maak.  Sonde bly tog maar nog altyd die mens se grootste probleem. Ons sleep die las van ons sondes saam en kan nie voluit vir Jesus hardloop nie.

Vergewe 70 x 7 keer! Wees die minste! Dra mekaar se laste! Bid vir jou vyand!

Pak die wedloop met volharding aan. Niks kom sommer vanself in die wedloop van die lewe nie. Jy moet jou kant bring. Jy moet self inspring en hard werk en deur struikelblokke worstel. Jy kry die krag van GOD af, maar jy moet met volharding self jou dagtake aanpak.

Hou jou oë gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Soos ’n goeie atleet wat fokus op die eindstreep en nie ’n sekonde sy oog afwend van sy ware doelwit nie, net so moet ons as gelowiges die hele tyd fokus op Jesus wat ons geleer het hoe om aan Sy vader gehoorsaam te bly.

Kyk hoe Jesus gelewe het, luister na Sy Woorde en volg Sy voorbeeld in alles wat jy doen.

Niemand het jou net lekker belowe nie. Ook nie die woord van GOD nie. Jy gaan sweet, hard werk en oor baie struikelblokke moet kom. Dit is ’n feit. Maar weet dat GOD elke tree saam met jou is. Voel die krag en leiding van die Heilige Gees. As gelowige kan jy jou wedloop met volharding en versekering hardloop!

Merke.... gereed...gaan!

Merke, gereed - Ons oë is op Jesus gerig

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant