Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
… en so raak al die kaas in die dorp op – nie ys die jaar nie, maar kaas!
Pizzas kan nie kaasloos gelewer word nie en die vakansiegangers wroeg en wonder en wil net sommer nog ‘n pizza wegneemplek kom oopmaak…
Dankie aan ons vakansiegangers wat ons besigheidseienaars laat bontstaan oor die feestydperk.
Dit blaas weer ‘n bietjie lewe in ons stadige dubbeldagsonskynbestaan.
Die dubbeldae is ‘n ander somertydding wat die binnelanders vreeslik geniet, maar nie besef hoe dit sy tol op die lange duur eis nie. Solank as wat die son hoog sit, so lank baljaar hulle. Dit maak die sonbaai lekker lank, maar krimp die nagte in, want die braaivuur word eers skemer opgesteek – en dan is dit nag.
Die dubbeldae maak die sonbaai langer en die apteekman troos, dit maak dat ‘n mens meer kere eet –tot 400 roomyse op ‘n dag word gedraai en dit verskaf weer werk aan ons studentekinders.
Ons supermarkte en restaurante wemel van stemme en kaalvoete, plakkievoete, sandvoete – en die dors, o die dors in hierdie Desember-hitte…
… en ten spyte van die verwoestende brande dwarsoor die provinsie, waarskuwings en smekinge oor vuurwerkvertonings en veldbrande, is die oujaarruim veelkleurig en knallend verlig en troeteldiereienaars is besig om petisies op te trek. Verban. Verban.
So gaan dit jaar na jaar. Oujaar uit, nuwejaar in.
Van een jaartal na ‘n ander … en wanneer jy wakker word in die nuwe jaartal, is alles maar net nog dieselfde, maar ons begin van vooraf tel, van vooraf planne maak – die hoop beskaam net nooit.
365 nuwe geleenthede. Jy moet nou net jou kopskuif maak en beplan – jou finansies, jou geluk, jou dag, jou maande, jou jaar, jou vakansie, jou gesondheid…
Jy moet jou slaapritme ontdek, respek hê vir jou ruimte, jou eie veld speel…
en waar begin jy?
By bed opmaak.
Wanneer daardie wekker lui - reageer! Moenie dink nie - doen! Kry lewe. Kom in ritme. Ritme word gewoonte en gewoonte word ‘n goeie lewenstyl.
Voorspoed met jou selfontdekking en selfleef en uitleef!
Leef! Jy kry net een kans.
Marinda van der Walt
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...