Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die grootste skare nóg het die vrylating van 8 Afrika pikkewyne bygewoon wat verlede Vrydag (30 Desember) by Kleinbaai se getypoel plaasgevind het.
Goeie publisiteit
Die besoekersgetal van maklik meer as ‘n honderd mense, kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die goeie publisiteit wat die Gansbaai Courant vooraf daaraan gegee het.
Dat besoekers die plaaslike koerant opgeraap het, blyk duidelik uit verkoopsyfers wat verdubbel het.
As ‘n spesiale vergunning het ons van vakansie-oord na vakansie-oord in die omgewing gery en die vorige week se uitgawe, waarvan ons meer as gewoonlik gedruk het, gratis uitgedeel om vakansiegangers te verwelkom.
Dit is uitstekend ontvang en het tot baie kwinkslae en geselsies gelei.
Dit het daartoe gelei dat die aanvraag na die volgende week se uitgawe aansienlik verhoog het en die nuutste uitgawe is vinnig uitverkoop. Die gewildheid daarvan kan toegeskryf word aan die vakansieprogramme, die dagboekinskrywings en die vermaaklikheids- en voedselbedryfadvertensies wat veral hierdie tyd van die jaar in aanvraag is.
Dit is ook huisopknaptyd vir huiseienaars in die omge-wing en die Courant se Diensgids is ‘n handige inligtingsbron van verskaffers.
RSG saai uit
Hoewel die Gansbaai Courant die vooraf publisiteit gedoen het vir die pikkewynvrylating, het Radio Sonder Grense (RSG) se teenwoordigheid tydens die aksie vir groot opgewondenheid gesorg.
Toeskouers het ywerig nader gestaan om kommentaar oor die radio te lewer. ‘n Hoorbeeld is die naweek oor die pikkewyn-loslating uitgesaai.
Rehabilitasie van pikkewyne
Van hulle het gesê dat hulle onbewus was van die enorme taak wat die African Penguin & Sea Bird Sanctionary (APSS) ten opsigte van bewaring verrig.
Theanette Staal, bestuurder van APSS, het tydens die RSG-onderhoud die noodsaaklikheid van die vrylating van pikkewyne ná rehabilitasie beklemtoon. Sy het wel bygevoeg dat dit terselfdertyd ‘n emosionele belewenis is, aangesien personeel geheg raak aan die pikkewyne tydens die rehabilitasie tydperk.
“Die APSS huisves die pikkewyne tot op ‘n stadium waar die bestuur daarvan oortuig is dat hulle gereed is om na die see en Dyer Eiland terug te keer,” het sy aan RSG gesê.
Die pikkewyne het huiwerig uit die houers geklouter en die wêreld, en toeskouers, aanvanklik onseker bekyk. Daarna het hulle vinnig tot verhaal gekom en nie gehuiwer om van die geleentheid om hul vryheid te benut, gebruik te maak nie.
“Ons beskou die gereelde vrylating van Afrika pikkewyne, wat as gevolg van verskillende omstandighede gerehabiliteer moes word, telkens as ‘n triomf vir die APSS, aangesien dit as ‘n hoogtepunt vir bewaring beskou word,” het Theanette gesê.
Vrou val op rotse
‘n Inwoner van Franskraal, Carien Crafford het haar balans op die rotse verloor tydens die loslating van die pikkewyne en geval.
Haar skoonseun, Renier Engelbrecht het tot haar redding gekom en haar na hul motor toe gedra, waarna hulle haar vir waarneming na ‘n plaaslike dokter geneem het.
Sy is later die dag in die MediClinic op Hermanus opgeneem. Dit blyk dat dit ‘n ligte beroerte aanval was.
Carien sterk tans aan by haar huis.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...