As die HERE wil...

As die HERE wil...

Gansbaai Courant

“Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en 'n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die HERE wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.” (Jak. 4:13-15)

Jare gelede toe ek predikant op Duiwelskloof in die Noord Transvaal was, het ek een Sondag met my splinternuwe motor, op Tzaneen, die buurdorp gaan preek.

Ek het reg voor die kerkdeur parkeer  en in die glas-konsistorie ingestap. Ek het my motorsleutels in my baadjiesak gesit en die baadjie opgehang sodat ek my toga kon aantrek. My teks dié dag was Psalm 127: 1 - “As die HERE die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die HERE die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs.” Interessant dat ek nog onthou dat ek ook gesê het: “Al het jou huis en jou motor ’n alarmstelsel, sal dit jou niks help as die HERE nie jou eiendom beskerm nie.”

Tydens ’n gebed het ek gehoor hoe ’n motor buite die kerk aangeskakel word en wegry. Ek het nogal gedink dit is snaaks, want ek het niemand uit die kerkgebou sien uitgaan wat kon gery het nie.

Groot was my skok toe ons uitstap en ek sien my motor is weg – gesteel met die sleutels wat ek in my baadjiesak opgehang het in die konsistorie! My beursie en die gemeente se kollektes was gesteel!

Die vraag kom nou by my op: Wanneer kan ons sê “As die HERE wil”? Ek was dan besig met die werk van die HERE terwyl my motor gesteel is? Ons bid dan elke aand: “Beskerm ons huise, stuur U engele om ons te beskerm?” (Ps. 91:11) Is dit dan die HERE se wil dat die verkeerde dinge met ons gebeur? NEE! Sê Jakobus, GOD bring nie versoekings nie en GOD laat nie die kwaad gebeur nie! (Jak. 1:13) Die werklikheid is dat ons in ’n sondige en verskeurde wêreld leef – waar baie mense nie in die HERE se weë wandel en doen wat Hy wil hê ons moet doen nie.

Die waarheid is ook dat ons onsself in alles moet ondersoek en vasstel of dit wat ons doen en hoe ons lewe, binne die HERE se wil is.

Op daardie tydstip toe my motor gesteel is was daar baie dinge wat ek in my lewe en gedagtes gedoen het, wat nie binne die HERE se wil was nie.

My oë het oopgegaan en ek kon daaraan werk.

As die HERE dan toelaat dat dinge in my lewe gebeur sal dit nooit sonder ’n hoër doel wees nie.

Bring jou lewe in lyn met GOD se Woord en vra gedurig vir jouself af: “As dit die HERE se wil is, sal ek dit nog steeds doen?”

As die HERE wil...

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant