Mag 2017 goed wees vir jou

Mag 2017 goed wees vir jou

Gansbaai Courant

Saartjie Baardman hang op die oseaan terwyl die dag in pienk gehul, groet.  Die ligte van die patrollieboot neem allerlei bekoorlike foto-oomblikke aan van skemer na donker.

Dit was ‘n week van vlamme en rook en hel in die Kaap.  Enorme verliese. Enorme tragedie met helikopters wat in ‘n droë Kaap water uit ons damme opslurp.

Ons brandweermanne verrig heldedaad op heldedaad.

Terwyl onderwysers praat oor opvoeding en dissipline en ouerverantwoordelikheid, is ouers besig om hul kinders te klee, te voed en te inspireer vir ‘n nuwe jaar.

Die jongklomp is meerendeels opgewonde.  Hulle verstaan nie altyd die knorrigheid van ‘n pa of die verergdheid van ‘n ma nie, maar die lewe draai maar om geld.  Daarsonder kan jy níks en die frustrasie en uitdaging om aan al die behoeftes te voldoen is groot!  ‘To make ends meet’ soos die Engelse sê, is ‘n kuns der kunste.

Waar ons mense Sondag bymekaarkom vir verootmoediging en seën op ‘n werksjaar wat voorlê, bid ons vir meelewendheid, verdraagsaamheid en vergifnis tussen mekaar.

Nou nie dat ek sê jy hoef die skelm – wat inwoners terloops sommer op die naam ken – se dade oorsien nie.

Nee.

Maar neem hande en bid vir mekaar vir leiding en voorspoed en groot, groot genade.

Mag 2017 goed wees vir jou!

Marinda van der Walt

Mag 2017 goed wees vir jou

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant