Langasems van oraloor

Langasems van oraloor

Gansbaai Courant

Langasems van heinde en verre het verlede jaar op Oujaarsdag, 31 Desember 2016 vir die Gansbaai Lionsklub se jaarlikse Dangerpoint marathon opgedaag.

Sowat 1 256 deelnemers het vir die Lions se 18de Dangerpoint Marathon vir die onderskeie afstande ingeskryf en die wedlope voltooi.

Die hoofitem was die moordende 21km wedloop waaraan 464 drawwers deelgeneem het. Vir die minder moeilike 10km afstand was daar 373 deelnemers en vir die 5km pretloop 420.  Veral die 5km pretloop is baie gewild onder gesinne. Hulle daag met babastootwaentjies en met honde aan leibande op vir ‘n heerlike oggenduitstappie.

Hierdie jaarlikse aanbieding van die Lions het oor jare heen al hoe gewilder geword en verg dae se organisasie deur sowat 16 lede om dit ‘n suksesvolle, maar ook ‘n ontspanne en gesellige dag te maak.

Gansbaai Verkeersafdeling, die beamptes en die bemanning van waterpunte dra by tot die suksesvolle dag.

Of ‘n deelnemer nou eerste of laaste is, elkeen wat die wedloop voltooi, stap weg met ‘n medalje vir deelname.

Langasems van oraloor

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant