Byna ‘n droewige dag

Byna ‘n droewige dag

Gansbaai Courant

Nou die dag deel van ‘n bemanning gewees wat Kleinbaaihawe wou in. Ongelukkig was dit een van daardie dae dat dit nie so eenvoudig was nie.

Die water was baie onbeskof en die ingang nie so duidelik as normaalweg nie.

Ons het van die Eiland se kant gekom en ek het oorspronklik  gedink ons opsie was korrek.

Daar moes vinnig besluit  word en ongelukkig het ons te gou ingedraai en was skielik tussen die bamboes en rotskoppies.

Net een omkyk was genoeg om die groot branders te gewaar wat besig was om op ons af te pyl  --  die omdraai moes dadelik gedoen word, voordat dit ‘n baie droewige dag word.

Die geknars van die motors se proppe het op groot skade gedui, maar die aksie moes dadelik uitgevoer word. Gelukkig het ondervinding getel en ons het redelik gou weer na die korrekte posisie teruggekeer en kon toe veilig die hawe inkom.

Ondervinding?

Hoekom het dit dan nie getel toe ons verkeerdelik ingedraai het nie?

Indien baie skippers bietjie nadink sal hulle erken dat die twyfel somtyds daar is, afhangende natuurlik van omstandighede. Daar is natuurlik iets soos ‘n GPS wat in baie gevalle duidelikheid sal verskaf in geval van twyfel, maar ek dink dat dit vir die manne wat “ken van” somtyds so half onnodig lyk.  Die ouens weet mos wat hier aangaan. Dis tye soos hierdie dat die beslissing skielik geneem moet word en dan kan dit ‘n probleem word.

Ek ys om te dink wat sal gebeur wanneer ‘n onervare skipper hierdie situasie ondervind.

Dalk het hy nie eers die opsie van ‘n GPS nie of dis moontlik oor ander omstandighede dat hy probleme ondervind.

Ek propageer al lankal dat Kleinbaaihawe beveilig moet word en is nou meer as enige ander tyd oortuig dat dit dringend gedoen moet word.

Indien daar net een ongeval is, sal dit op te laat dui. Kan daar nie maar nou asseblief so gou moontlik aandag aan geskenk word nie?

Opregte dankie!

Groete, Seemeeu

Byna ‘n droewige dag

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant