Ysige seewater kniehalter nie hengel

Ysige seewater kniehalter nie hengel

Gansbaai Courant

Yskoue seewater het die boothengelaars van die Birkenhead Boothengelklub tydens hul boothengel-kompetisie wat Saterdag, 7  Januarie 2016 plaasgevind het, van die snikhete dag op land laat vergeet.

Die vangstes was nie baie goed nie, maar ‘n goeie klompie krewe is wel getrek. By die weegskaal, veral met swakkerige vangstes, “tel kilogramme en sentimeters nie, maar wel gramme en millimeters” om seker te maak wie die wenners vir die dag is!

Vyf bote het ingeskryf, waarvan net 3 ingeweeg het. Die aantal bemanning was 17, waarby 2 juniors ingesluit was. Slegs 3 spesies is ingeweeg: silwer visse, hangbergers (“hotties”) en krewe.

Die totale aantal vis was 50, met 'n totale massa van 30.05kg, wat ‘n klein gemiddeld van 1.77kg per hengelaar beteken.

Die volledige uitslae is soos volg: 3 gelykop swaarste visse van 0.75kg elk, Philip Fourie (hangberger), Jean Downing (hangberger) en JP Uys (silwer vis); swaarste sak (5.85kg), Ben Uys; 2de swaarste sak (4.85kg), Danie Fourie; swaarste boot-gemiddeld (3.99kg), Oupa van Ben Uys; 2de swaarste bootgemiddeld (2.68kg), Relêks II van Jean Downing; Junior swaarste sak (3.0kg), Hennie Groenewald.

Hierdie kompetisie was die 2de boothengelkompetisie vir 2017 en die eerste drie voorlopers is: Bootkampioene - Oupa (12.33kg) van Ben Uys, Bella Me (6.48kg) van Bev Swart en Nkwasi (4.05kg) van Walter Mapham;

Mans Visvangkampioene - Ben Uys (15.20kg), Danie Fourie (13.85kg) en Piet le Roux (7.35);

Junior Visvangkampioene - JP Uys (10.25kg) en Hennie Groenewald (10.0kg), ‘n kortkop agter die voorloper.

Ysige seewater kniehalter nie hengel

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant