Gansbaai in verootmoediging voor 2017 oesjaar

Gansbaai in verootmoediging voor 2017 oesjaar

Gansbaai Courant

Dit is tyd vir ‘n nuwe oesjaar op see.  Kort voordat die pelagiese vissersbote van Gansbaai weer die see invaar vir hul nuwe seisoen, het hul bemanning, die dorp se sakemanne en inwoners Sondagaand, 15 Januarie die gebruiklike jaarlikse Interkerklike Verootmoedigingsdiens in Gansbaai hawe gehou.

Net soos Desember verlede jaar se Vissermans Dankseggingsdiens, is ook hierdie diens goed bygewoon.

Wanneer ‘n mens Gansbaai binne ry, begroet die dorp jou met Gansbaai: ‘Hawe van God se genade”

En dit sê presies waaroor Gansbaai gaan: ‘n Veilige hawe, waar vissers met die genade van Bo, ‘n bestaan maak.

Om hierdie rede word daar twee keer per jaar dienste  in Gansbaai hawe gehou.  Hierdie dienste vind sedert 1963 plaas. Dit het ten doel om aan die einde van die jaar God te dank vir ‘n jaar van seën wat ontvang is en aan die begin van die jaar God se seën oor die vissermanne, sakelui en inwoners in verootmoediging te vra.

Gepaste Afrikaanse en Engelse lofsangliedere is Sondagaand

vooraf onder begeleiding van die knap orkes en voorsangers deur die diensgangers gesing.

Past Frikkie Zeelie het daarna die verwelkoming hanteer. Past Johnny Hamman het die Afrikaanse boodskap gebring en Dawid Roos die Engelse boodskap.

Met verwysing na die hoeveelheid programme wat uitgedeel is, het meer mense hierdie diens as die vorige een bygewoon. Die meegaande foto is voor die aanvang van die diens geneem en heelparty mense het daarna aangesluit. Baie toehoorders het ook in hul motors gesit en luister as gevolg van die koel weer.

Overstrandse Onderburgemeester, Raadsheer Dudley Coetzee en sy eggenote, Shirley, het ook die diens bygewoon.

Die organiseerders sê die uitnodiging aan die onderskeie kerke het ongelukkig gemeld dat daar nie stoele gaan wees nie en dat elkeen sy/haar eie stoel moet saambring. Dit was ‘n misverstand, aangesien ‘n groot hoeveelheid stoele jaarliks beskikbaar is. Slegs indien daar te min sou wees, is die versoek altyd dat mense ook hul eie kampstoele kan saambring.

Na afloop van die diens het past Frikkie Zeelie sy tradisie om lekkers aan die kinders uit te deel voortgesit. Vanjaar het selfs die fotograaf en ds Dirk van Dyk van Gansbaai NG-gemeente elk ‘n 'LolliPop' gekry!

Die program, wat saam met die diens deur Gansbaai Marine geborg is, het met die pragtige woorde van Psalm 62:5-8 afgesluit: “Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug. Vertrou op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons ‘n toevlug. Sela.”

Gansbaai in verootmoediging voor 2017 oesjaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant