Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Gansbaai Academia spog vanjaar met ‘n allemintige 290 Gr 8 leerders nadat die skool Dinsdag, 10 Januarie 2017 vir die nuwe akademiese jaar geopen het.
Vanaf Woensdag het hulle ‘n stewige oriëntasieprogram gevolg, waartydens die leerders ingelig is oor die “Sharkie Brand” en tradisies wat die skool in plek het.
Vrydag, 13 Januarie 2017 het die groep die geleentheid gehad om aan al die verskillende baan- en velditems vir atletiek deel te neem. Die beste presteerders sal Vrydag, 20 Januarie 2017 aan die skool se interhuis-atletiekbyeenkoms deelneem.
Gedurende die Vrydagmiddag en –aand van die oriëntasie-program was dit die tradisionele inlywingseremonie waar “Nemos” Sharkies geword het. Tydens die funksie het leerders kaskenades saam met die matriekraad en registeronderwysers gehad en ook geleer om in groepe saam te werk. Leierskap is ook bespreek en daar is sommer lekker konsert gehou. Teen die einde van die verrigtinge het die spesiale inlywingseremonie begin.
Mnr Tommy Wilson, skoolhoof, asook die hoofleiers van die skool, het elke leerder se kersie aangesteek en hulle offisieel as Sharkies ingelyf.
‘n Groot hoeveelheid ouers het ook die spesiale seremonie bygewoon.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...