Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Pa van drie seuns, Sean Kruger, voormalige inwoner van Gansbaai, het Vrydag, 20 Januarie in die Khayelitsha Prioriteitshof verskyn.
Kruger is een van vier aangeklaagdes wat skuldig bevind is aan die bedryf van ‘n perlemoensindikaat. Die geskatte waarde van die bedrag betrokke is R20 miljoen. Kruger is op 21aanklagte skuldig bevind.
Die ander drie is Abri Filipe Bucchianeri (30) van Hawston, Cecil George Kruger (63) van Laaiplek en Busobenkosi Matera (34) van Dunoon.
Abri Filipe Bucchianeri en Cecil George Kruger is saam met Sean Kruger op 21 aanklagte skuldig bevind. Busobenkosi Matera is net op 7 van die aanklagte skuldig bevind.
Die aanklagte teen die beskuldigdes was vir rampokkery, geldwassery, bedrog en die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne.
‘n Uitvoermaatskappy vir die uitvoer van vars vrugte, Virdon Trading, is in 2010 geregistreer, maar is gebruik vir die stoor en uitvoer van onwettige perlemoen vanaf Kaapstad na Hong Kong, asook vir ander onwettige bedrywighede.
In Julie 2010 het die Valke tydens ‘n geheime operasie op Bucchianeri en Kruger se onwettighede in Vredenburg toegeslaan, dit oopgevlek en beëindig. Beslag is gelê op 77 292 perlemoene met ‘n totale massa van 7 065,83kg en ‘n waarskynlike waarde van R20 miljoen, asook toerusting.
Verdere ondersoek deur die Valke het gelei tot die inhegtenisname van nog sindikaatlede, waaronder drie Chinese: Zhi Cheng Wen, Jason Ho en Wei Lin.
Al drie is intussen slegs drie jaar gevangenisstraf opgelê nadat hulle ‘n pleitooreenkoms met die Staat gesluit het.
Die Wes-Kaapse provinsiale hoof van die Valke, maj.genl. Nombuso Khoza, het die hof se uitspraak verwelkom. Sy het die ondersoekspan geprys en gesê dit is ‘n positiewe stap om misdaad te bekamp. “Ons hoop dié uitspraak ontmoedig ander om ons mariene hulpbronne te vernietig,” het sy gesê.
Vonnisoplegging is geskeduleer om op 23 Februarie 2017 te begin, met adv Blaine Lazarus as die staatsaanklaer in die saak.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...