Vrou in vrieskas 'toevallig' gevind - naasbestaandes kom van Japan -

Vrou in vrieskas 'toevallig' gevind - naasbestaandes kom van Japan -

Gansbaai Courant

Die ondersoek na die vermoedelik-vermoorde vrou van Japanse Nasionaliteit, Reiko Okayama (43) in Pearly Beach duur steeds voort.

Haar liggaam is deur forensiese beamptes in ‘n vrieskas in die huis van Anthony Dau (45) in Twiststraat 52, Pearly Beach gevind.

Gansbaai SAPD is Donderdag, 12 Januarie 2017 na die woning ontbied nadat ‘n oproep ontvang is dat Anthony homself in die huis geskiet het, waarna die vrou se liggaam toevallig in die vrieskas ontdek is.

‘n Voorlopige post mortem dui daarop dat sy teen die einde van Desember 2016 verwurg is, vermoedelik met die hand. Die resultate van die finale post mortem was met die ter perse gaan van hierdie uitgawe nog nie beskikbaar nie.

Die oorledenes was vermoedelik in ‘n verhouding betrokke en het saam gewoon.

Anthony het ‘n video-verklaring gemaak voordat hy homself geskiet het.  

Daarin het hy na bewering gesê dat hy die oorledene op die vloer in die huis gekry het met ‘n kabelstrop (cable tie) om haar nek.

Die voorlopige post mortem het daarop gedui dat dit onwaar blyk te wees, aangesien daar geen merke van ‘n kabelstrop om haar nek was nie en dat sy vermoedelik met die hand verwurg is. Krapmerke is wel aan Anthony se hande gesien, maar dit sal eers met die finale post mortem bevestig kan word.

Die vrou se naasbestaandes het Maandag, 23 Januarie 2017 in Kaapstad geland en het die liggaam Dinsdag, 24 Januarie 2017 uitgeken.

Vrou in vrieskas 'toevallig' gevind - naasbestaandes kom van Japan -

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant